Wednesday, October 25, 2023

Archie verjaar.

27 Maart 2023.


Ons gaan partytjie hou. Net 'n kleintjie met min mense. Ek het ook nét soveel eetgerei! Maar dis 'n partytjie.

Die gastelys word opgestel en die spyskaart uitgewerk. Die gaste kry die uitnodiging met datum en tyd. Dis 'n Maandagaand, 18:30. Hier maak dit nie saak nie, want niemand het 'n formele werk nie. Nee, ons is mos eenvoudige eilandbewoners!

Toe verander die tyd van wintertyd na somertyd en al die gaste wprd ingelig om eers 19:30 te kom. Anders is dit totaal te lig vir 'n aandete.

Almal daag ewe spoggerig op. Jim, die Skot, het sowaar 'n Skotse rok aan. Muriel, sy vrou, is uitgevat in 'n rooi baadjie. Hulle gee vir Archie goeters om sy motorfiets skoon te maak. Bill, Engelsman en sy vrou, Cher, X-Suid-afrikaner van lank gelede, bring vir Archie 'n grenadella plant en heerlike grondboontjiebotterlekkers. Laaste daag Sim van Bulgarye en Lindsey van UK op. Hulle bring 'n olyfboom.

Archie skink vir hulle Raki van Tilos. Hy vertel die hele storie van hoe dit op Tilos in 'n supermark verkoop word, sommer so tuisgebrou. Dit kom nog van Maja se dae. Jy drink maar versigtig, want dit is mos vêrlangs familie van Witblits.

Toe gaan ons tafel toe. Daar heers 'n vrolike stemming. Ons is nou behoorlik soos daai ou grappe uit my kinderdae van die Boer, Skot en Engelsman. Almal om dieselfde tafel. Ons skerts en lag en gesels. Vir voorgereg eet ons 'n kekerertjie en bulgar slaai. Heerlik en gesond.

Hoofgereg is maalvleisgereg vir die vleiseters en 'n aartappels-en lensiegebak vir Muriel. Sy is 'n vegatariër wat allergies vir uie is. En natuurlik 'n heerlike slaai. Die maaltyd word afgerond met 'n lemoenkoek wat Archie gebak het.

Wat 'n heerlike aand! Ek verluister my aan die vreemdelinge-vriende se vertellings oor hul lewens en ervarings. So vêr verwyderd en verskillend van die lewe wat ek vir so lank geleef het. Anders. 

Archie se verjaarsdag in die vreemde land wat nou ons eie word, was heerlik.

Die skottelgoed grynslag vir my en ons was dit met vreugde in ons harte.

Heimwee tafeldoeke (ankers)

Archie, Muriel en Jim

Ek, Sim, Bill, Lindsey, Jim, Muriel, Cher en Archie


Raki from Tilos

Kekerertjies en bulgar slaai

Slaai

Maalvleisgereg

Aardappel- en lensiebebak met knoffelbrood


Skopelos.

September 2022.

Hierdie is 'n verlede tyd storie. Ons eerste jaar of wat in ons nuwe tuiste op Skopelos Eiland.  Nou waar sal ek begin? Seker maar by die begin. 

Ons koop 'n huis op Skopelos.  (Was alles behalwe maklik.) Enes koop ons geliefde kleine Maja in Turkye en kom laai ons met al ons pakaas op Skopelos se kaai af. Die omstanders kyk die hoop goed aan met vrae en verwondering in hul oë. Apostolos met sy rooi trok, kom laai al ons vreemde land aardse besittings by Marchie's Place af. Dit word in die ketelkamer (boiler room) gestoor tot ons 13 September 2022 moet intrek. 

Ons pakaas

Enes, ek en Yavus

Die manne

Elke ding moet nou lêplek kry in die nuwe huis wat ek nie eintlik wou gehad het nie. Onthou ek was bang die Ring Road se lawaai sou my pla. En dit pla my wel. Ons eenvoudige muurlose huis met geen tuin moet nou my woning word. (Soms hunker my hart nog steeds honger na Sue se huis.) 

Deurmekaarspul

Archie en ek - nuwe intrekkers

Ons lewe op Skopelos Eiland begin. Ons stap saam met die Skopelos Scramblers en leer kosbare mense ken. Die eerste mense wat ons tafel vol sit en waarvoor ek onseker kook, is Jim en Muriel, die Skotte. Nou moet ek net Engels praat én my ore spits om te hoor wat Skotte sê. G'n mens kan mos verstaan wat hulle sê nie. Die voordeel is dat ek gee glad nie om oor my Afrikaanse aksent nie. Almal op die eiland het 'n aksent. 

Muriel en Jim - Eertste gaste

Archie woel en werskaf in bossie-oerwoud wat ons tuin moet word. Hy haal berge vol onkruid uit. Ons plant 'n paar plantjies in die tuin. Die ander stiggies wat nou volgroeide plante  moet word, staan op die stoep. Toe verlaat ons Marchie's Place en gaan 12 November terug Suid-Afrika toe. Laat Marchie's Place aan die genade oor en hoop  Moeder Natuur gaan ons plante natgooi. 

Onkruidtuin

Werk in tuin

Tot siens Marchie's Place


Terug op Skopelos

15 Maart 2023.


Wel, hier is ek weer. Die Seilende Sigeuner?  Nee, gladnie meer seilende nie. Maja is mos verlede jaar verkoop. Ons hoor dit gaan goed met haar. Opgedollie met nuwe banke en dek en nog wat. 

Nou is ons oppad na Skopelos, ons nuwe tuiste. Met 'n magdom bagasie. As ek net na die bagasie kyk, rys my hare. Die hele reis met die klomp bagasie was vir my traumaties. Ons is aangegluur en ek het baie onwelkom in Griekeland gevoel. Na busritte en taxi's en veerbootritte kom ons uiteindelik in Skopelos aan. Die veerboot kom by die hawe ingevaar en ek wonder wat gaan die nuwe hoofstuk vir ons inhou.

Archie koop 'n bromponie op Volos en die gevaarte kom twee weke later met 'n  veerboot hier aan. Jim help vir Archie om die gevaarte van die veerboot af te kry. Nou het ons wiele. Net twee wiele, wat eintlik twee te min is. 

Magdom bagasie

Nuwe bromponie

Ek bring die eerste tas af. Archie stoei om die res bymekaar te maak. Ek stap af en wat 'n verrassing! Jim en Muriel wag ons in op die kaai. En nog groter verrassing! Cher en Lindsey is ook daar. Ek druk hulle styf vas en veg teen die trane wat uit my oë wil ontsnap. 

Ek gaan terug veerboot toe om die krat te kry wat Archie bring. Hy gaan haal die ander goed en toe hy uiteindelik moeg op die kaai kom, kry hy 'n luide handeklap van ons nuwe vriende omdat hy in die koue sy beroemde, nee berugte kortbroek dra. Hulle is natuurlik uitgedos met hulle wintersklere.

Dit vat twee karre om ons goed by Marchie's Place te kry. En toe is ons tuis. Ons stoot die deur oop. Geen mufreuk. Geen nat. Marchie's Place verwelkom ons met haar geel mure en groen hortjies en ons is tuis.

Monday, May 29, 2023

Catania. Sicilië.

 29 Mei 2023. Maandag.

Vandag rus Archie sy enkel  en al die besienswaardighede na hulself kyk. Ons bly tuis in Catania. Vandag klim ons geen bus of trein nie.

Ek gaan klim die St Agata kerk se trappies tot bo en kyk uit oor die stad. Alles wat altyd so hoog is, is nou ooghoogte. Ek kan die kerkklokke nou in die oog kyk.

Die plein is doer onder. Daar is nog nie baie mense nie, want dis nog vroeg. Ek was vanoggend die eerste om die kerk se trappe te bestyg. 

Later klim ek die smal toring  met nog smaller wenteltrappe na die uitkykpunt en toe is ek boonste. Nou lê die stad behoorlik aan my voete. Ek verlustig my aan die stad wat heeltemal anders lyk. Ek moet sê, hy lyk eintlik mooier van onder af. Ek kyk my kyk en stap ondertoe.

Hulle is besig om die kerk te restoureer. Daar is oral standbeelde van heiliges. Ek kyk in hul lewelose oë en na hul gevoelvolle klip gesigte. Hulle was ook eens op 'n tyd deel van die hede.


Berg Etna

St Agata Katedraal se toring

Ekke is bo

Catania

Plein

Wenteltrappe

Traptoring na heelbo

Klok

Potte op die dak

Van bo

San Giuseppe

Ou boek

Kandelaar

Ek stap verby die waterfontein na die mark. Dis nie so besig soos gister nie, maar is nog steeds heelparty om te koop. Ek koop 'n paar pakkies kruie waarmee ek hopelik my kookkuns kan verbeter. Die kaas verlei my amper en die vismark is baie interessant. Tot 'n klein haai is te koop en 'n Taljaner koop sommer die hele haai. Ek wonder hoe smaak haai. Die man wat die lekkers maak, is geweldig behendig. 'n Hele skare hou hom stip dop. 


Fontein

Haai

Maak lekkers

Behendig

Afval

Kaas en salami

"Moor's Heads"

Ek besoek ook die die Paleis van die Olifante. Hier is 'n storietjie oor die Paleis van die Olifante.


Paleis van die Olifante

Olifant

Paleis se binnehof

Koets

Koets

Via Cruciferi is my gunsteling straat met al sy kerke. Genugtig, maar dis mooi geboue. Te groot om af te neem.

Teen die muur

Deur

Standbeeld by die kerk

En nou is ons toer in Italië en Malta verby. Ons vlieg môre terug Griekeland toe. Ons sal so elke dan en wan 'n blog pos oor ons doen en late op Skopelos. Tot siens tot 'n volgende keer.

Taormina. Sicilië.

28 Mei 2023. Sondag.

Die juweel van Sicilië, Taormina. Dis waarheen ons vandag oppad is. Ons ry eers met die trein en daarna met die bus, toe is ons in die juweel. Ons kry pragtige uitsigte van Berg Etna met sy sneeuhoed. Dis mos nou die vuurspuwende berg.

Berg Etna

Elize was mal oor hierdie plek en ons kan sien waarom. Daar heers 'n vrolike atmosfeer, 'n samespel van mense, winkeltjies, eetplekke en die dorp, wat jou verwelkom met ope arms.

In die vêrte hou Etna wag oor die omgewing en dan word jy daaraan herinner dat dié landmerk enige tyd kan uitbars, en nie van die lag nie. By die rustige tuine kan mens vir Etna duidelik sien. Hier sit ons heerlik op 'n bankie en eet ons toebroodjies met mozarella kaas, tamatie en Italiaanse koue vleis. 'n Piekniek uit die boonste rakke.

Publieke tuin

Kraanvöelblom

Uitsig

Archie en Etna

Ons loop tussen die huise in die mooi straatjies. Elize het in haar notas gesê dat ons systrate ook moet loop. Ewe gehoorsaam loop ons toe systrate ook. Oral is plante op die balkonne wat uit porselein menskoppe groei. Ons besef dit is regtig potplantbakke waarin jy jou potplante plant. Dis oral in die winkels te koop. Die een legende gaan so. (Daar is baie lengendes) Die adellike Siciliaanse meisie het op 'n Arabier verlief geraak. Hulle liefde vir mekaar is ontdek en albei is onthoof. Hulle hoofde is op die balkon gesit as waarskuwing vir ander. Dis hoekom die potte gewoonlik  in pare voorkom, 'n man en 'n vrou.

"Moor's Head"

Plante in koppe

Wees gewaarsku

Hier is pragtige winkels. Die een met die marionette is kleurvol en lok baie toeskouers. Kerke en pleine vervolmaak die toneel. En Etna immer teenwoordig. Een van die huise lyk vir my soos 'n Marchie's Place in Taormina. Ek verlang skielik huis toe. Daar is ook 'n huis vir my vriendin, Esther, want die huis is na haar vernoem. Ai, maar ons geniet die dorpie geweldig baie. Ek soek vir my 'n suurlemoen rok, wat ek nie kry nie. Ek kry darem 'n man wat 'n suurlemoen pakkie aanhet. 

Kloktoring

Marieks en Etna

Plein

Pinocchio

Plein

Marchie's Place

Kerk wat in Tweede Wêreldoorlog gebombardeer was

Suurlemoen pakkie

Wawiel

Waarskuwing

Gewilde Bam Bar

Huis vir Esther

Deur

Trappe op (systraatjie)

Toffie-appels

Die kabelkar na die strandjies werk nie vandag nie en baie later, na baie ronddwaal en ervaar, klim ons die bus en daarna die trein huis toe. Na ons afgeleefde paleis in Catania. Nou roep ons lywe halt. Moeg getoer. Dis nou tyd dat ons huis toe gaan. Skopelos toe.