16 Julie 2017. Sondag.
![]() |
Pythos Baai tot Pighadi Baai |
Die wind is stil, die son skyn en die water is glad toe ons uitry op pad na Pigadhi Baai, 9.8 myl. ’n Uur later rol daar donker wolke oor ons en ’n 12 knope wind kom van agter. Ons span die genoa en, terwyl Archie dringend foto’s vir Marietjie vanuit die kajuit stuur, vat Lourens die helm en ons seil vir 60 minute, tot amper by ons eindpunt. Dis ’n kleinerige baai en ons moet mooi gooi om al die permanente boeie en seilbote te mis. Die anker byt goed en ons is veilig, maar daar word reën vir die res van die dag en môre voorspel.
Pighadi dorp |
Maja in Pighadi Baai |
Ryna slaag daarin om alleen die "snubber" aan anker te sit is voel baie tevrede met haarself. Later roei sy en Lourens met Dinkie deur 'n stormagtige see land
toe om na die kasteel bo-op die berg te kyk en foto’s te neem.
Die aand word met Roodeberg en die oorblyfsels van Archie se ouzo hoender op die dek afgesluit. Later die nag begin die wind weer waai en daarmee kom
reën, groot reën - en raai wat - die toilet venster was nie toe nie. Na ’n geskarrel is
alles drooggemaak en almal kon weer gaan slaap. Met Marietjie sou dit nooit gebeur het nie.
Dit reën die res van die nag.
No comments:
Post a Comment