13 Julie 2017. Donderdag.
Marietjie se Ma is vandag oorlede. Ons innige simpatie
vir haar en die familie.
Ryna en Lourens kom uiteindelik aan |
Lourens stap … |
… maar Ryna gallop! |
Ons sit op die dek omsingel deur bagasie toe die
Griekse stapleier, Thanasis Pantes, daar opdaag. Hy is dié een wat die du Plessis’s op twee
staptoere gelei het in 2015 en het net gekom vir ’n hallo-sê. Ons praat land en
sand, hy gee goeie raad, maar Maja is nie geskik vir al die baaie wat hy
aanbeveel nie.
Die aand eet ons sommer ’n ligte vingerete. Daar
is ’n moerse party by die Universiteit net oorkant ons wat eers 06:00 die
volgende oggend opgehou het. Dis die verskriklikste musiek ooit, maar Lourens
en Ryna slaap deur dit alles en nogal op die dek!
No comments:
Post a Comment