Pieter en Zané kom by Maja aan net om te hoor dat
Marietjie moet huis toe gaan om haar Ma te versorg en dat hulle Marietjie se
groot skoene op kort kennisgewing en met minimale ervaring moet vul. Hulle het
dit uitstekend reggekry al was Zané soms baie angstig.
Dankie, julle vir julle bydrae en ondersteuning. Ons hoop julle het die ervaring geniet.
Zané
Zané |
Beste Ervaring:
Die adrenalien van ’n suksesvolle anker! Maak nie
saak hoe die anker gebruik is nie. Daardie verligting as die ketting styf trek
is uniek! Ek het gevoel elke biershandie is verdien!
'n Baie suksesvolle anker by Pythos Baai |
Beste Plek:
Peristera Baai! Dit was onbeskryflik mooi. En die
enkele huisies wat daar gebou is, het net die Griekse atmosfeer aangehelp. Dis
natuurlik ook die plek waar ons die mooiste skulpskatte kon kry. Ek sal ’n week
daar kan bly!
Peristera Baai |
Pieter
Beste Ervaring:
Die oomblik toe die vorige, persoonlike
seilrekord (’n skamele 6.3 knope), verpletter word met ’n nuwe algehele rekord
van 7.5 knope! Nog beter egter, was toe dit vir lank genoeg gehandhaaf kon
word, vir die GPS om dit inderdaad te registreer (en die rekord dus op rekord
geplaas kon word!)
Kom 7.5 knope! Kom! |
Beste Plek:
Órmos Planitis! Afgeleë, afgesonder en met
selfs die potensiaal om jou binne te hou. Die opwinding van ’n redelike nou en
vlak ingang; amper asof mens bietjie deur die eiland ingesluk word. Dan
natuurlik ook die merkwaardige vermoë vir aanpasbaarheid van die eiland se
boerbokke, om met soutwater in hul waterbehoefte te kan voorsien.
Aanpasbare bok |
No comments:
Post a Comment