Monday, November 27, 2023

Elize en Martie. Skopelos.

29 Junie tot 11 Julie 2023

Ons klim die veerboot na Skopelos.  Die twee is baie opgewonde om ons huisie te sien. Archie otmoet ons by die hawe en ons vat 'n taxi na Marchie's Place. 

As intrede lied speel ons vir hulle Elvis Blue se liedjie, "Ons huis". Dis eintlik 'n pragtige emsionele oomblik en toe kyk hulle met hulle eie oë na die uitsig en snak na hulle asems.

Elize en Martie het so twee weke op Skopelos gekuier en dit vreeslik geniet. Hulle het vir ure in die see geswem. Hulle het in die straatjies van die historiese chora rondgeloop. 

Ons het heerlike etes op Marchie's Place se stoep, onder die pergola geniet.

Ons het die Mamma Mia toer gedoen en dit baie geniet. Hier is die toer in 'n fotobeeld.

Ons het ook 'n boottoer gedoen. Die boot na die buureiland, Alonissos. Ons het die chora verken en heerlik op 'n mooi strand geswem. Ons het dit terdeë geniet. 

Toe kom hul kuier tot 'n end en hulle vat die feerboot Mantoudi toe en vandaar na Athene waar hulle drie nagte gebly het. Eh hulle los ons met 'n hittegolf wat heeltemal ongekend in Skopelos is.

Meisies by Marchie's Place

Baie bagasie

Welkomdrankie

Op die stoep

Yamas

Hawe

Op opper opste

Muurblom

Muurblomme

Een van die 365 kerke in Skopelos

Nog een

Oop see

Ligte middagete op die stoep

Vrolike vier

Susters van Eva





Elize en Martie. Skiathos

26 en 27 Junie 2023

Groot opgewondenheid. Elize en Martie kom kuier. Noudat ons nie meer ons seiljag, Maja, het nie, kry ons mos nie meer kuiermense nie. Dis gladnie so opwindend om by ons op Skopelos te kom kuier as op Maja nie.

Ek kry hulle op Skiathos. Hulle kom laat die aand daar aan en natuurlik grens Elize weer vir die beker toe sy my sien. Ons klim die bus en ry na ons verblyf.

Toe begin ons drie nagte in Skiathos. Ons loop die plek plat. Elize en Martie koop goedjies of hulle betaal word. Dis vatlappe en vadoeke en goetertjies en magnete. Hulle koop so asof hulle die bank se baas is. Elke aand gaan eet on gyros en smul behoorlik aan die Griekse straatkos.

Ons gaan swem in die helder water. Baljaar behoorlik. Dan slenter ons sorgeloos rond en drink die atmosfeer van die eiland in. 

Kroonprinsesse

Pitsweer susters

Twee musketiers

Plaka

Ou hawe

Ou  hawe 

Malva

Elize en Martie

Baljaar

Waar is jou swembroek

Genugtig

Mooi muur

Mooi muur

Wag vir die gyro

Toe word ons honger

Skiathos het 'n pragtige klooster. 'n Werkende klooster waar monikke bly en werk. Daar is die mooiste tuin wat met groot sorg en liefde versorg word. Alles blom oordadig, met dieper rooi, helderder geel en groen wat lewe simboliseer. 'n Ware lushof wat my oorle ma vreeslik sou geniet het. Wel, ons drie meisies klim toe die bus en ry soontoe.

Ons geniet die vreedsame rustigheid van die klooster. Sit op die bankies en verkyk ons.  Ek en Elize koop mirre wat ons aan ona ma laat dink en verlang. Wat 'n heelike tyd by die klooster. Ons klim die bus en ry terug.

Ingang van die klooster

Plant kruis

Verlustig ons

Gissende vrugte

Geboue

Klooster

Blom by blom

Skoenlapper

Toe loop on uurglas leeg en dis tyd om hulle te gaan voorstel aan ons geliefde lawaaierige Marchie's Place. 




Marchie's Place pergola

Ons huisie front oos. Die somerson maak ons dood. Ons sal skadu moet kry. Toe besluit ons op 'n pergola.


Spiros kry die balke reg en bring dit hierheen. Archie verf die hout met spesiale verf om dit waterbestand te maak. En toe begin die doenigheid. Spiros en Ioannis is op en af met die lere. Hulle meet en saag en boor. Dit klink soos oordeelsdag en weerklink in die Paluki berg. 

Toe is die pergola op en nou moet dit sonskerm-lappe kry. Machie maak die sonskerm-lappe en sy en haar man, George kom sit dit op en siedaat. Ons het 'n pragtige pergola. Marchie's Place lyk sommer spoggerig. 


Die begin

Hoekpaal

Spiros en Ioannis aan die werk

Dwarsbalk

Eindproduk

Voor die winterwinde kom, moet al die sonskerm-lappe afgehaal word, ander waai Gus hulle aan flarde. Toe is Archie op die leer en haal dit af. Die tyd van die jaar is die sonnetjie op die stoep baie welkom.


Maak skroewe los

Loslappie

Halfpad

Kaal gestroop



Marchie's Place se mooi tuin

Junie tot November 2023

Ons kom terug van ons toer en gaan kyk dadelik na die tuin. En sowaar, in die swak grond, met die hulp van Anthony,  het al die baba  plantjies oorleef. Wel, die meeste. Maar sukkel die arme goedjies se wortels om vashouplek in die klei-os grond te kry.


Ek plant plantjies uit en Archie haal bossies uit. Dan verryk ons weer die grond met sakke en sakke kompos. Dan gaan haal Archie grond by die 96 trappe.  Dan word die plantjies daar geplant en daardie plantjies hier. Dan is te veel son, dan te min son. Maar ek en ou Ark gee nie moed op nie. Elke dag gaan ons tuin toe. Stadig maar seker groei die goed. Boontjies sukkel. My ma se blommetjies sukkel. Maar ons moedig hulle aan, trek bossies uit en gooi nat. 

Ons harde arbeid word beloon met 'n prag-blommetuin. Die chillies groei en dra. Baby marrows en botterneutskorsies. Die grenadella dra en lewer oes van 5 op. Die boontjies gee vir ons 'n paar pluksels. Tamaties en horta (wilde spinasie))Ons vriende is verstom oor wat ons regkry in ons tuin. Ons word oornag bekend as tuinboukundiges. Almal vra raad. 

Archie maak "steppings stones" vir die tuin. Hy rig vir hom 'n eenvoudige sement stepping stone fabriek in. As mense kom kuier, is die mans eers af ondertoe en beskou Archie se sementfabriek. Hier op Skopelos stel almal belang in wat almal doen. Ek kry stiggies en laat dit groei en gee weg. Ek (en Archie) is mal oor die tuin.

Ons hou 'n oesfees ete waar ons varsprodukte uit die tuin gaarmaak en voorsit. Basil pesto, sondroog tamaties, vars tamaties, kruie, peppadews, gevulde skorsies, horta. Heerlik.

Toe al ons tuingroente op is, word ons oorhang lemoene ryp. Dis sap en lemoenkoek en tonne marmalade. Ons wag nou net dat ons eie suurlemoene ryp word. Ek vul bottels vol met peppadews, chilliesous, chillie jellie, lang chillies en selfs groen tamatiekonfyt. 

Ai, maar dis lekker hier op Skopelos.

Archie se jasmyn

Archie se druiwe

Cher se grenadella

Baby marrow

Klein peer tamaties

Stamboontjies

Potplante

Blomme

Kerkblomme

Jong peppadew

Vygies

Ons tuin

Leeubekkies

Potplante

Stoepplante

Hibiscus

Bougainvillia

Bird's Eye chillies

Groente vir oesfees

Botterneutskorsie

Gevulde skorsies

Gevulde peppadews

Tuinblomme

Noedelslaai met tuingroente

Cher, ek en Lindsey

Sim, Bill en Archie

Oesfees

Archie se stepping stones

Archie se stepping stones

Archie se stepping stones


Paadjie

Marmalade en chillie produkte

Chillie oes

Uitsig-lemoene