Friday, May 19, 2023

Path of the Gods

19 Mei 2023. Donderdag. 

Vandag gaan ons stap. Weer lyk goed en ons slyp ons tande al lankal vir die stap. Ons is weer gestewel (ek) en gespoor (Archie) en ons klim die 7:00 bus na Bomerano, waar die stap begin.

Die busrit neem ons na nuwe omgewings waar ons nog nie was nie, met 'n bonus, die son skyn! Ons kom by Bomerano en begin stap. Die roete is goed gemerk. Daar lug is verfrissend koel so vroeg in die môre. 

Roetebeskrywing

Path of the Gods

By sommige dele rol die mis nog in die berge rond. Later wen die son die geveg teen die mis en dit word ingesluk deur die son om vir ons menskinders 'n pragtige uitsig te gee. Praiano lê doer vêr onder. Oral is plasies en die mense in dié geweste plant hul gewasse op terasse. 

Ons stap heerlik en later kan ons vir Positano sien. Die dorpie klou aan die steil hange vas tot by die see. Dis pragtig. Ai, maar ons geniet die stap. Te gou kom ons by Nocelle waar ons stap eindig en ons met die bus terugry na Positano.


"Rock houses"

Bokke








Positano in die vêrte



Nocelle



Nocelle

Positano

Ons klim by Positano af en dis net mense waar jy kyk. Te veel na my smaak. Maar dit bly 'n pragtige dorpie. Ons dwaal rond en gaan wag later vir die bus na Sorrento.  Dis 'n malhuis om hier te bestuur in die smal besige paaie met baie skerp draaie. Maar dis 'n ondervinding. 






En so kom ons aan die einde van die eerste been van ons toer. Môre vlieg ons Malta toe.

Wednesday, May 17, 2023

 Pompeii. 

17 Mei 2023. Woensdag.

En dit reën reën reën nog steeds hier in die Suidelike deel van Italië.  Sonder ophou. Maar ons gaan nou maar vandag Pompeii toe. Dit lyk of die son wil-wil uitloer tussen die wit donskombers-wolkmassa.

Ons is gestewel (ek) en gespoor (Archie) en daar trek ons. Net toe ons ons voete uit die gebou sit, begin dit sous. Sambrele op en ons stap dapper stasie toe. Sal ons omdraai of voortgaan? Ons stap maar manmoedig aan en koop treinkaartjies Pompeii toe. Ons besluit as dit te veel daar reën, ons maar sal omdraai en terugry huis toe.

Die trein vertrek stampvol. Ons kry darem sitplek, wat skaars is in dié treine. By Pompeii gekom, skyn die son amper. Die ry by die kaartjiekantoor is kort en ons koop ons €18 kaarjies en begin die plek te verken. 

In die jaar 79 n.C. was dit 'n normale dag in die mense van Pompeii se lewe, of so het dit gelyk. Mense het hul daaglike take gedoen. Gewerk, gekoop, gebid, gesels. Dit wat as 'n ver-af gebrom begin het, het verander in 'n vreesaanjaende dreuning en toe bars die hel los. 

Die uitbarsting van Berg Versuvius het die het die stad letterlik in tyd laat vries. Onder 12 lae vulkaniese as, was die stad begrawe vir amper 17 eeue. In 1748 het die Switzerse argitek, Karl Weber met opgrawings begin. En stuk vir stuk het Pompeii weer vorm gekry. Berg Versuvius is steeds 'n aktiewe vulkaan en word fyn dopgehou. Uitbars gaan hy wel weer eendag.

Die reën het wel ons besoek kortgeknip, maar ons het 'n goeie idee gekry van die stad van toentertyd.

Hier is die oorblyfsels die die ou stad van Pompeii in fotobeeld.

Ingang

Basilika

Standbeeld

Tempio del Genius Augusti

Forum

Forum

Straat

Standbeelde in tempel

Straat

Huis

Standbeeld van Faun

Doriese kolomme

Papawers

Huis

Kleurvolle muur

Papawers

Mosaïek in Casa di Marcus Lucretius

Tuin van Casa di Marcus Lucretius

Kraan

Muurskildery

"Casting of one of the corpses"

Klein teater

Cas del Nave Europa

Amfora

Amfiteater

Papawers

Muurskildery

Muurskildery

Muurskildery