Saturday, July 2, 2022

Port St Paul Baai

30 Junie 2022. Donderdag.

Ons luilekker dae in Kuşadasi Marina is getel. Ons moet vort. Al ons besigheid is gedoen. Ons het die linne en Archie het sy nuwe bril. En ek is nog steeds die bekroonde Seilende Sigeuner.

Die marina  man kom help ons uit en eers is dit diesel ingooi en swartwatertenk uitpomp. Toe vat ons die pad na omtrent 16 dae in marina. Ons vaar verby die passasierskip. Daar is omtrent ses uit die sewe dae twee van die ou grotes hier in die hawe. Toe vaar ons verby die kasteel en laat dit in ons verlede agter.

Passasiersskip

Fort

Ons gaan na Port St.Paul, 20.8 myl. Die eerste ruk waai Gus sterk reg van agter, so ons seil nie. Hy waai later bietjie beter en ons seil vir 'n kort tyd. Later loop lê hy en ons prrr vorentoe, altyd vorentoe. 

Seil

In die nou Samos Strait, met die hoë berge van Can Daği in Turkye en Samos eiland, kan dinge nogal moeilik raak. 'n Klein lae eilandjie, Bayrak Adası, lê in die westelike eindpunt van die Samos Strait. Hier kan 'n gety van 3 tot 4 knope in oostelike rigting beweeg. Dit kan "tide rips" net noord van klein eiland veroorsaak. En dis toe ook net so. Die see wemel van die verwarde see. Perdjies orals. Gus waai skielik uit die bloute vreeslik sterk. Dit gaan mal hier in die Strait. Maar Maja vaar vorentoe, altyd vorentoe. 

"Tide rips"

Ons los die " tide rips"  agter en nader Port St. Paul. Gus waai nog steeds, maar hier is goeie skuiling tee die Meltemi. Daar is 'n motorboot in ons ankerplek en ons weet daar is eintlik net plek vir een boot. Maar Archie vaar vasbeslote in. Ons weet hoe moeilik gooi ons hier anker, want die bodem is van seegras gemaak.

Port St Paul baai

Seegras

Die motorboot sê hulle gaan nie oornag nie en ons gooi tydelik anker. Later kom ons te naby motorboot, trek anker op en gooi weer tydelik anker. (Ek sal maar nie noem hoe ek op 'n stadium gevloek het nie.)

Later ry die boot en ons gooi op die enigste plek in die baai anker waar dit goed genoeg byt as jy wil oornag. En ek weet uit ondervinding dat by die baai, is daat altyd windvlae. Hier speel Gus altyd woer-woer met 'n seiljag uit verskillende rigtings.

Kyk na anker

Dis toe ook net so. Windvlae uit die weste, noorde en ooste. Ons draai diekant toe, dan daaikant toe. Ek verloor skoon my eetlus. Omtrent die heelnag so aangehou. Ons kan sien hoe kom Gus op die see aangehardloop met sy windvlae. Dan weet ons dis tyd vir 'n wals Willemina, dis 'n wals is dit nie? Kom dans Klaradyn, kom dans Klaradyn! Of die fliek, "Dances with wolves". Of dalk 'n fokstrot, as jy nou weet wat ek bedoel.

Windvlae

Ek wonder of Gus dit toentertyd met Paulus van die Bybel ook gedoen het. Hy het mos ook hier teen die Meltemi geskuil oppad na die gemeente van Efese.

Wednesday, June 29, 2022

Pamukkala - Karahayit

 25 Junie 2022. Saterdag.

Ons klim die dolmus na Karahayit. Dis 'n klein dorpie wat bekend is vir sy warm bronne en spa's.

Sommer in die middel van die dorp is daar 'n groot rots waar die warm water uitborrel.

Water borrel uit

Dis 'n oulike dorp, eintlik mooier as Pamukkale se dorp. Daar is atmosfeer. Plaastannies sit vriendelik en pannekoek bak. Omies ry op hul trekkers rond. Enkele toeriste dwaal rond. Winkels en hoenderhaan items is oral te sien. En baie plaasprodukte. Hier is ook baie tekstielwinkels en ons koop goedkoop handdoeke vir Marchie's Place. 

Winkel

Gedroogte plaasprodukte

Ander winkel

Landerye

Ons stap ondertoe en Archie gaan staan met sy voete in die helende water. Hierdie water is so goed vir al mens se spier- en gewrigpyne. Dit is amper soos die verlamde man in die Bybel wat so gesond word en sy bed vat en loop.

Voet spa

Warmwaterbron

Ons koop gedroogte persimmons. Heerlik. En vreeslike lekker gedroogde olywe. Ons koop ook handdoeke vir Marchie's Place.  

Gedroogte persimmons

Olywe

Dis sommer net 'n dag van ronddwaal in annermanse land. Toe klim ons die dolmus en ry terug na Pamukkale, soos swaeltjies wat altyd teruggaan na dieselfde plek. Ja nee, Karahayit is beslis 'n beter 'n lekkerder plek as Pamukkale se dorp. Ons sit op ons balkon en oorkant op die kragdrade sit ons bure en gesels land en sand. Ons het gewoond geraak aan die klomp swaeltjies op die drade. En hulle aan ons.

Swaeltjie

Terug in Kusadasi is dit besigheid soos gewoonlik. Ons linne kom 'n dag later. 'n Oogkundige maak vir Archie 'n nuwe bril op sy Suid-Afrikaanse oogarts se voorskrif. Ons koop linne, handdoeke, potplantpotte, mop, besem, skoppies en oondbakke. Elke dag loop ons so 2km met armsvol inkopies. 


Tuesday, June 28, 2022

Pamukkale - Hierapolis

24 Junie 2002. Vrydag.

Bo gekom, is dit weer skoene aantrek. Nou gaan ons die Hierapolis besoek. Dit was 'n ou Romeinse Spa stad wat in 190 N.C. gestig is. Die antiek Romeise bad is ook hier. Dis ook bekend vir die amfiteater en pragtige sarkofae. 

Hier is die ou Romeinse Spa in fotobeeld. Ek geniet dit vreeslik om hier te loop.

Hierapolis

Suidhek. Frontinus Straat.

Frontinus Straat.

Latrines

Noordhek

Graftombe 1ste eeu N.C.

Basilika baddens

Amfiteater

"Gateway to the Underworld"

Pluto, Cerberus (3-kop hond) en twee slange

Warm Hierapolis baddens

Ons sien ook hoe die "hang gliders" van die top afgesweef kom soos 'n arend en dink aan Pierre en Annatjie wat hier soos arende gesweef het. En seker sweerlik daarna 'n koffietjie gaan drink het.

"Hang glider"

Die museum huisves van die pragtige sarkovae. Uitstekende beeldhouwerk uit daardie era is ook te sien, asook beelde van die belangrike mense uit daardie tydperk. Baie gebruiksartikels van die Romeinse Spa word uitgestal. Voorwaar goed om te sien dat dit so uitstekend behoue gebly het vir die nageslag om te bewonder. Pluto, sy hond met die drie koppe en die slange was die bewakers van die ingang tot die onderwêreld. 
Sarkofaag

Sarkofaag

Isis priesteres

Beeldhouwerk

Gebruiksartikels

Vaas

Potte

Kraffie

Artemis, Leto en Apollo


Nou het Archie heeltemal genoeg van ou goed gehad en wil huis toe gaan. Wat 'n lekker dag met soveel verskeidenheid.





Monday, June 27, 2022

Pamukkale Travertines

 22 en 23 Junie 2022. Donderdag en Vrydag.

Vandag klim ons die dolmus en dan die bus na Pamukkale. Ons was in 2014 daar en het dit baie geniet. Dis tyd om nou weer te gaan. Dan kom ons sommer bietjie van Maja af en gaan die wye wêreld in. 

Ons kry gratis roomys op die bus toe ons begin ry. Later kry ons soutbeskuitjies en Pepsi. En water. Ek onthou hoe onnosel was ek en Archie toe ons die eerste keer in Turkye met die luukse busse gery het. Ons het vir alles nee dankie gesê. Ons het gedink mens betaal daarvoor. Tot ons besef het dis gratis. 

Die bus laai ons by die terminaal in Denizli af en ons klim weer 'n dolmus na Pamukkale. 

Hierdie is Turkye se wit berg. Hy is van kalk gemaak. Warm water vol kalk kom uit die grond en die water loop oor die berg. Kalk word gedeponeer en word klipsteenhard. Die wit is skouspelagtig. Die aand loop ons langs die eende dam. Alles lyk mooi en vars. Eende swem dolgelukkig op die dam. Sommige knip 'n uiltjie, terwyl Skillie sy rondtes doen.

Dam aan't voet

Slapende skone

Skillie

Smôrens durf 'n paar lugballone die lug aan en sweef stadig rustig oor die wit landskap. Gladnie in dieselfde klas as Goreme se ballonvaart nie, maar darem. 


Lugballon

Ons besluit om vroegoggend te gaan loop, voordat die massas opdaag. Kaalvoet loop ons, skoene is verbode. Net soos die Voortrekkers kaalvoet oor die Drakensberge getrek het. Net een groot verskil, die kalk is baie sag op die voet. Dit maak (die meeste van die tyd) nie jou voete seer nie. By sommige plekke loop daar water ook en daar is poeierblou poele wat so kniediepte is. 


Dis heerlik om hier op te loop. Die wit word gebreek met die sagte blou water. Almal geniet dit om hier te loop.

Kaalvoet klonkie

Een van die talle poele

Dam

Kalkvalle

Stalagtiete

Pamukkale dorp

Toerbus massas

Travertines

Af afkoel

Amper onder

Boom-koelte

Ons bly sommer drie nagte hier. Pamukkale is eintlik 'n dorp vol hardwerkende boere. Hulle kom in die aande met hul trekkers huis toe. Heeldag op hul lande gewerk. Hier is ook die bekende Denizli hoenderhaan. Hy kan tot 50 sekondes lank kraai en is ook 'n haan onder die henne. Hy woeker so tussen die henne. Oral is beeldjies en vaddoeke met hoenderhane op te koop. Natuurlik koop ek Denizli hoenderhaan vaddoeke vir Marchie's Place.

Denizli hoenderhaan

Ons gaan eet twee aande by dieselfde eetplek, Hiera Cafe. Goedkoop met baie kos. Die kelner se grootste genot is om die mense se gesigte dop te hou as hy die klomp souse uitpak. Dit laat my aan Snotkop se liedjie, "Souserig", dink. Na ete kry jy gratis koffie of tee en deeg ding en sukke sjokolade balletjies. En 'n botteltjie water.

20 souse om van te kies

Adana Döner en tjips

In die aande is die dorpie maar leeg. Al die massas in die toerbusse gaan huis toe en die talle restaurante staan leeg. Hier en daar toeriste wat êrens eet.