Alle bloglesers. Jammer, maar ons rekenaar is stukkend. Tot tyd en wyl ons 'n nuwe rekenaar gekry het, kan ons nie blog skryf en foto's opsit nie. Ons is nou op 'n verlate eiland, Astipalaia, en moet een van Athene af bestel. Ons skuil ook teen die Melteme. Sal blog plaas sodra ons weer op die lug is.
Groete.
Seilende Sigeuner.
Wednesday, July 11, 2018
Monday, July 9, 2018
Thirasia Eiland. Santorini.
6 Julie 2018. Vrydag.
Vandag gaan ons Thirasia toe. Dis 'n klein eiland wat 'n gedeelte is van die rand van die kaldera van Santorini. Ons boei is by Captain John bespreek en weg is ons.
In die verlede kon mens nie eintlik Thira (Santorini) toe seil nie, want daar was nie veilige ankerplek om jou boot te los nie. Nou kan jy 'n boei bespreek en jy weet Maja is veilig.
Ons het net 5 ure om altwee dorpe te verken en ons stap dadelik busstop toe en klim die bus na Fira. En is daai Fira besig! Mense net waar jy kyk. Ons verken net die mooiste dele van Fira. Die huise lê op die toppe van die regaf kranse. Dis baie mooi. Ons tyd is verby en klim die bus terug na Oia.
Oia is pragtig. Hier is baie minder mense en ons kan asemhaal. Die kerke met hul blou dakke, die straatjies en geboue. Wit met spatsels kleur. Die blou water. Alles is pragtig.
Ons het die vinnige uitstappie na Fira en Oia baie geniet en is reg om die watertaxi wat 17:20 kom, te klim en terug na Maja toe te gaan. Die taxi vaar net twee keer op 'n dag. 12:15 en 17:20. Dit maak dat dit amper te min tyd is om Fira en Oia te besoek. En die sonsondergang in Oia is totaal buite die kwessie.
Archie neem my uit vir ete vir my verjaarsdag (wat eintlik eers 8 Julie is). Ons bestel calamari en dis heerlik. Ons eet mille-feuille en kaaskoek met pynappel en mango. Dis besonder lekker.
![]() |
Manganari tot Thirasia |
Vandag gaan ons Thirasia toe. Dis 'n klein eiland wat 'n gedeelte is van die rand van die kaldera van Santorini. Ons boei is by Captain John bespreek en weg is ons.
Captain John's restaurant |
In die verlede kon mens nie eintlik Thira (Santorini) toe seil nie, want daar was nie veilige ankerplek om jou boot te los nie. Nou kan jy 'n boei bespreek en jy weet Maja is veilig.
Dis
'n heerlike ervaring om in die kaldera (krater) in te vaar. Links lê
Oia op die berg met sy mooi huise en windmeulens. Te pragtig.
Verder
in die baai lê Fira se huise soos sneeu op die berge. Skitterwit. Ons
vaar na Thirasia en hulle help ons om die boei te kry. Dan word Maja ook
met 'n agtertou aan nog 'n boei vasgemaak sodat sy nie kan rondswaai
nie.
Ons
maak teg om die 12:15 watertaxi na Oia te vat. Dis maar 'n skotige
opdraende om van die hawe tot by die dorp te kom. My tong hang (saam met
al al die stappers s'n) uit en my bene voel loodswaar. Almal haal harder
as gewoonlik asem. Almal kom bo uit. Die paadjie is
vol donkiemis, want die arme dierasies moet lui toeriste opdra na bo.
Boontoe per voet |
Ons het net 5 ure om altwee dorpe te verken en ons stap dadelik busstop toe en klim die bus na Fira. En is daai Fira besig! Mense net waar jy kyk. Ons verken net die mooiste dele van Fira. Die huise lê op die toppe van die regaf kranse. Dis baie mooi. Ons tyd is verby en klim die bus terug na Oia.
Fira |
Fira |
Oia is pragtig. Hier is baie minder mense en ons kan asemhaal. Die kerke met hul blou dakke, die straatjies en geboue. Wit met spatsels kleur. Die blou water. Alles is pragtig.
Oia |
Windmeule |
Krater kranse |
Kerk |
Fira in agtergrond |
Terug by Oia hawe |
Tot siens Oia |
Ons het die vinnige uitstappie na Fira en Oia baie geniet en is reg om die watertaxi wat 17:20 kom, te klim en terug na Maja toe te gaan. Die taxi vaar net twee keer op 'n dag. 12:15 en 17:20. Dit maak dat dit amper te min tyd is om Fira en Oia te besoek. En die sonsondergang in Oia is totaal buite die kwessie.
Dis
vreeslik warm en ons swem rondom Maja. Die gedagte om in die kaldera te
swem, is baie opwindend. Die water is eintlik te warm, maar heerlik.
Swem in die krater |
Archie neem my uit vir ete vir my verjaarsdag (wat eintlik eers 8 Julie is). Ons bestel calamari en dis heerlik. Ons eet mille-feuille en kaaskoek met pynappel en mango. Dis besonder lekker.
Die
eienaar van die restaurant is 'n afgetreede skeepskaptein. Hy het 'n 80
000 ton skip gevaar wat hout vervoer. Hy ken Kaapstad, Port Elizabeth
en Durban. Dit was op sy roete. Hy vertel staaltjies van storms, rowwe
see en 60 m deinings. Ons hang aan sy lippe.
Die maaltyd word afgesluit met 'n baie duur sopie wyn, amper soos hanepoot en raki van Kreta. Wat 'n heerlike dag.
Manganari Baai en Tris Klises Baai. Ios Eiland.
![]() |
Manganari Baai en Tris Klises Baai |
Voor en na Santorini het ons op die eiland Ios geanker. Manganari Baai het die mooiste turkoois-blou water gehad. Gus het so sterk gewaai, met die sterkste windvlae, van tot 29 knope, dat geen mens die plek kon geniet het nie. Ons het die hele dag op Maja deurgebring.
Kaptein aan die werk |
Na ons Santorini ondervinding is ons terug na Ios en het by Tris Klises Baai geanker. Die weer was beter en ons het darem voet aan land gesit. Maja staan op anker in deurskynende turkoois water.
Môre is dit 'n seekruising na Amorgos Eiland. Hoop die wind en water is ons genadig.
Thursday, July 5, 2018
Skala. Sikinos Eiland.
4 Julie 2018. Woensdag.
Van die een barre eiland na die volgende. Vandag is dit Skala Baai, 15.9 myl op Sikinos Eiland. Ons seil vir 1h30min. Dis van daai seil wat ek nie van hou nie. Gus wat tot 25 knope "close haul" waai. Seile en toue wat raas. See wat groter word. Elke nou en dan nog 'n reef in die genoa sit. Ai, dan verlang ek sommer na my ma.
![]() |
Karavostasi to Skala |

vaar eers verby Skala na St Georgios baai. Snaakse baai, maar ons gooi
anker en hy sleep eers voor hy byt. Nie ek of Archie is tevrede mer die
baai nie en ek trek die anker op. Maar helaas! Ons sit vas! Archie kom
kyk. Dit lyk na 'n elektriese kabel. Toe is dit bietjie agtertoe en
vorentoe ry en genadiglik kom ons los.
Toe
gaan ons terug Skala, die hoofdorp van die eiland, en gooi daar in die
wind anker. Ons sit maar so op Maja en waai en swaai saam met haar rond. Gus bedaar en ons gaan verken die piepklein dorpie. Daar is nie veel te sien, maar dis 'n mooi gesellige plekkie.
Skala |
Maja en Archie |
Hawe |
Lyne |
Maja met Santorini in die agtergrond |
Aand |
Wednesday, July 4, 2018
Karavostasi. Folegandros Eiland.
3 Julie 2018. Dinsdag.
Kyk, van hierdie Folegandros eiland het ek nog nooit gehoor nie. Tot hierdie jaar. Opgrawings het openbaar dat dié eiland bewoon is sedert 3000 v.C. Weereens is dit deur talle magte verower en in 1828 is dit verenig met Moeder Griekeland.
![]() |
Manalonisi tot Karavostasi |
Kyk, van hierdie Folegandros eiland het ek nog nooit gehoor nie. Tot hierdie jaar. Opgrawings het openbaar dat dié eiland bewoon is sedert 3000 v.C. Weereens is dit deur talle magte verower en in 1828 is dit verenig met Moeder Griekeland.
Maar eers
vertrek ons van Manolonisi se pragtige ankerplek na Karavostasi, 20.5
myl. Ons vaar verder verby Poliagos Eiland, wat 'n onbewoonde eiland is.
Mens kan nogal sien hoekom niemand hier bly nie, want dis net klip en
rots.
Wit kranse |
Rotsagtig |
Gus
waai reg en ons seil vir 1h30 min. Stadig, maar seker kom Folegandros
nader. Geweldige groot rotse intimideer my, want hulle staan kolossaal
grotesk sommer so in die see. Toring boontoe. Onherbergsaam en dreigend.
Daar is ook die Chrysospiliá grot teen die hang. Dit was blykbaar 'n
plek van aanbidding. Dertig klein trappies is van die see se kant af in
die rotse uitgekap om die grot te bereik.
Trots op sy seile |
Chrysospiliá Grot |
Ons
vermy eers 'n paar rotse en toe lê die hawe voor ons. Die Port Polisie
blaas hard op haar fluitjie en skree om moet vinnig vasmeer, want die
veerboot kom om die daai. Gus waai, Archie tru en ek gooi anker. Alles
in staccato. Ek besef die ketting gaan te min wees en ons moet op tou
gaan. Fanie weet hoe bang ek vir daai tou is (veral nadat ek daai tou by
Nafplio moet gryp en die riool op my gespat het). Ek druk die knoppie
tot die laaste ankerketting skakel verskyn, sit my pendant neer en toe
die swart tou uit die opening verskyn, gryp ek dit en sit dit om die
cleat om dit te beheer. 'n Man vang die toue op die kaai en ons is vas.
Karavostasi |
Alles
beweeg hier op die kaai. Gus waai, veerbote kom en gaan, die see is nooit stil nie. Maar hier is
ons! Ons maak klaar om die bus na Chora toe te klim. Dis die hoofdorp
van die eiland. Aan die een kant van Chora is die huise op verikale kranse
gebou. Dis hoog. Doer onder lê see wat teen die rotse klots.
Huise op kranse |
Hoogtevrees |
See doer onder |
Die
Chora is omtrent 'n oase in die barre landskap. Pragtige basiliekruid groei in oordaad. Blompotte vol tuin staan oral rond. Rein en wit is die
huise met hul veelkleurige vensters en deure en ons stap in die strate rond. Daar is sulke terrasse teen die steil berghange waar hulle
seker soms probeer om iets te plant. Of dis kampe vir bokke.
Winkelstraat |
Chora |
Terrasse |
Soos
gewoonlik is die kerk op die berg. Die Christene was seker baie fikse mense! Hoog en wit skitter dit in die son.
Wat 'n lekker uitstappie. Ons klim die bus en ry terug huis toe. Na die kaai waar die see altyd beweeg.
Kerk teen die berg |
Tuesday, July 3, 2018
Manolonisi. Poliagos Eiland.
![]() |
Pirgonisi tot Manolonisi via Psathi |
Die storie van my lewe. Anker op en weg is ons na Manolonisi, by Poliagos Eiland, 4.2 myl. Ons vaar eers verby Psati om te kyk hoe hulle hawe lyk. Lyk na 'n lekker ou plekkie.
Toe
is dit net 'n hanetree na Manolonisi waar ons gaan anker. Dis 'n
pragtige baai met deurskynende water. Ons gooi die anker in die sand en
hy byt laat dit bars.
Dis
'n gewilde swemplek en klein en groot bote kom en gaan. Selfs een van
daai oorvol kommersiële seilbote vol lywe kom hier swem.
Oorvol jag |
Ek
en Archie gaan land toe en van bo af is dit eers mooi. Maja en haar
vriendinne lyk elegant in die turkoois water. Gus swaai hulle liggies op
die maat van sy blaas rond. Oorkant in die vêrte lê die eilande rustig
gebed in die blouselblou see.
Die
rotsformasies is baie interessant in die geweste. So asof 'n reuse hand
dit uitgekrap het. Met mooi kleure. Ai, dis lekker om hier rond te
stap.
Pêreltjie |
Later is daar ses
jagte wat hier in die baai oornag. Kort-kort klink 'n lag op. Oral sit
met op die dek en kuier en geniet hul aandetes. Ons eet lekker ouzo
hoender wat die kaptein gemaak het. Wat 'n lekker dag!
Subscribe to:
Posts (Atom)