27 April 2015.
Uiteindelik is ons op pad na Efese. Volgens Gerrie
en Ansu, wat verlede jaar ’n besoek daar afgelê het, is die ou stad ‘n moet.
So het ek ook duidelik vir die kaptein gesê dat ek nêrens
heen vaar voordat ek nie Efese besoek het nie. Die kaptein vra: ”Do you really
want to go?” Ek sê ja. Hy vra weer: ”Do you really, really want to go?” Ek sê: ”Ek
sal op die kaai bly sit en jy en Maja kan dan maar alleen vaar as ek nie Efese
toe kan gaan nie.” Toe gaan ons Efese toe.
Dis nie sommer net van gaan nie. Eers neem ons ’n taxi
van die Setur Marina na die dolmusstop en wag vir die dolmus. Toe klim ons die dolmus
na Selçuk. Dit is ’n pragtige klein dorpie in die heuwels naby die see. Daarna
moet ons nog ’n taxi na die boonste hek van Efese neem. Dan is jy eers daar.
Gerrie het gesê hy is baie spyt dat hy nie verlede
jaar na die dissipel Johannes se graf gaan kyk het nie, so, by Selçuk gekom, stap ons toe eers na die Basilika van St John.
 |
Ingang tot die Basilika |
 |
In die Basilika |
 |
'n Rêrige ooievaar |
Lank lank gelede was dit ‘n reuse kerk en hier het die
mees geliefde dissipel van Jesus, Johannes,
baie van sy skryfwerk vir die Bybel gedoen. Hy is ook hier begrawe. Die
Basilika moes baie indrukwekkend gewees het toe dit nog heel was.
 |
Model van die Basilika met die werklikheid in die agtergrond |
 |
Archie by Johannes se graf |
 |
Gerrie, dit is die tombe |
In die verte hou die Citadel woordeloos wag oor die
Basilika.
 |
Die Citadel |
 |
Binne-in die reuse Citadel |
Ons stap bult-op na die ou woordelose waghouer en is weereens verstom oor die grootte van
die Citadel en vakmanskap van die manne van ouds. ”Gerrie, dit was dubbel en
dwars die moeite werd!”
 |
Muurblommetjies |