Monday, July 24, 2017

Skiathos Eiland. Koukounaries Baai.


10 Julie 2017. Maandag.

Patitiri tot Koukounaries Baai


Na ’n lang stap om vars brood te koop, trek ons weg vir die lang vaart na Koukounaries Baai, 25.1 myl. Ons kon darem vir 1h25min seil. ’n Klein skool dolfyne swem in die vêrte, maar hulle is besig om te eet en kom nie naby ons nie.

Kry maklik ankerplek in NW hoek van die baai en die anker byt op die eerste probeerslag. Swem en sweet is ons voorland op Maja tot dit effens koeler is. Daar is heeltyd ski-bote wat mense op tjoeps en waterwurms rondtrek. Dis ’n bedrywige plek dié.

Maja in die verte

Ons gaan later in die dag land toe. Dis ’n laaaaang strand vol sambrele, banke en mense wat die strand en die see geniet, maar verder is daar niks baie interessant nie. Ons loop tot die klein hawetjie en terug.

Koukounaries Strand
Klein hawetjie
Zané oordink dinge

Eet pasta, wors en sampioene vir aandete.

No comments:

Post a Comment