16 Junie 2017. Vrydag.
 |
Poroselene tot Çamlik Küyü |
As jy van watervervoer gebruik maak, moet jy jou
watertekens ken. As jy só ’n swart-geel-swart boei in die water sien, met twee driehoeke wat na
onder wys, beteken dit dat daar ’n gevaar is en jy moet aan die suidekant
van die boei verbyvaar.
 |
Gaan aan suidekant verby |
As daar ’n smal kanaal by ’n hawe is waarin jy
moet vaar, word dit met groen en rooi boeie gemerk. Dan “grin” jy – "green right in". Dit beteken dat die groen boei aan jou regterkant moet wees wanneer jy by die hawe
ingaan en die teenoorgestelde as jy by die hawe uitgaan. Moet net nie deurmekaar
raak nie! So maak ons ook, toe ons deur die smal kanaal op pad na Çamlik Köyü, 9.5
myl, toe vaar.
 |
Groen boei |
 |
Rooi boei met Alibey in die agtergrond |
Daar is ’n klomp jellievisse in die water wat saam
met ons vaar. Ons dink dit is
Rhizostoma
pulmo, meer bekend as die vaatjie jellievis of asblikdeksel jellievis. Sommige
is meer blou-pers as die ander wat wit-pers is. Hulle is effens giftig, maar sy
byt-steek is nie erg pynlik of gevaarlik nie.
 |
Rhizostoma
pulmo |
 |
Rhizostoma
pulmo |
Ons kom by ons baai en vaar verby Oom Olifant en rus vir my siel daal op
my neer. Hier gooi ons anker op ’n modder bodem met uitstekende houkrag en Gus
waai baie liggies. Die plasties kom in my na vore, want daar is ’n pad met
motors wat verbyry en ek geniet die beskawing vreeslik. Die dreunings pla my
nie eers nie. Inteendeel.
 |
Oom Olifant |
Ons en al die jellievisse geniet die rustigheid
van die baai.
No comments:
Post a Comment