4 Augustus 2016. Donderdag.
![]() |
Symi tot Datça |
Vandag verlaat ons my geliefde Griekeland wat my die jaar so beproef het met die alewige Gus en vertrek na Turkye. Dis Elize en Fanie se laaste dag op Maja. Ons is almal moeg en stil na die aand se slegte slaap.
Dis net 10.7 myl na Datça, 36°43.339
N, 27°41.282 O. Fanie sit soos gewoonlik voor op Maja se snoet en sonbaai vir
oulaas. Elize gaan sit later by hom, ewe vaak.
Laaste Griekse kerk |
Vir oulaas op Maja se snoet |
Gou-gou is ons by Datça en dan is dit inklok. Elize-hulle moet ’n bus klim na Selçuk vir die tweede been van hul vakansie. Die polisievrou is vriendelik, maar sy sê ons moet ’n agent kry om ons in te klok.
Elize-hulle is haastig, maar ons sal
geduldig moet wag vir die agent. Die bagasie staan gereed vir gryp en gaan,
maar ons wag en wag vir die agent. Eers 16:00 kry ons die paspoorte en
dokumente terug en Elize en Fanie kan hul 16:30 bus na Aydin klim.
Klaar gepak |
Daar gaan hulle |
En skielik is hulle weg. Maja voel leeg en kaal. Elize is nie meer langbeen op die dek nie en Fanie is nie daar om gou ’n entjie te gaan draf nie. Ons is weer alleen leen leen. En dis nie lekker nie.
No comments:
Post a Comment