6 Augustus 2016. Saterdag.
 |
Parmak tot Knidos |
Al rollende het ons gaan slaap en al
rollende staan ons op en al rollende vaar ons uit die baai. Rolbos tolbos
waaibos.
Ons gaan vandag na Knidos, 36°41.062
N, 27°22.586 O, 14.7 myl. Ons vaar verby die klein hawe van Palamut net om te
sien hoe dit daar lyk. Ons kyk na die ankerplek, maar dit lyk na rol se dinge en
ons gaan maar verder. Gus begin van vooraf te waai, soos hy altyd hier om die
hoek waai en ons beur wind-op voort na die antieke stad.
Knidos is een van daai plekke waar
jy jouself in tyd kan verloor. Die ou stad het stadig maar seker verkrummel tot
klip en rots en niks. Daar is as’t ware net fondasies oor. Dis ’n plek waar
skepe toentertyd geskuil het teen die wind, nes ons ook in die hede doen.
 |
Propylon |
 |
Knidos Baai |
 |
Teater |
 |
Ou kolomme |
 |
Die son sak |
No comments:
Post a Comment