"May day, May day, dit is Maja en dis lentedag!" En die son skyn en bring Benito aan boord met sirkel sonskynblomme. Met 'n breë glimlag wens hy ons 'n "happy first of May day" toe. Die blomme beland op Archie, die blommekind, se kop en dit lyk goed.
Blommekind |
Jag agter breekwater |
Ek sit my tweede hoed op en ons sit af dorp toe. Ons gaan vandag die besienswaardighede in Patra besien. Die strate is propvol mense wat
die heerlike, sonnige eerste Mei geniet.
Ons stap na die St Nicholas trappe. Dis die trappe wat jou na die Middeleeuse kasteel neem. Ons klim en klim en kom bo.
St Nicolas trappe |
Dis hoog en ons kyk neer op die dorp en verder lê die see.
Uitsig oor Patra |
Ons stap na 'n koepelkerk sonder naam. Dis agter slot en grendel.
Gesluit |
Koepelkerk |
Kasteel |
Ons het geen haas nie en stap tussen die wonings terug. Daar is mooi malvas vir my ma.
Malvas vir my ma (Kyk die simpel hoed) |
Dis middagete-tyd en die Griekse mammas kook. En dit ruik lekker! Ons was reeds dors en toe word ons honger. Terug in die dorp kry ons 'n eetplekkie en bestel souvlaki en wit wyn. Dis yskoud en heerlik. Ons sit suip terwyl ons vir die kos wag. Die lente klim in almal se gesigte en hul breek oop tot 'n gelukkige glimlag. Ons geniet Patra.
Ons sit suip |
Terug by Maja oorval die lomerigheid my en ek knip 'n uiltjie. Uitgerus na die slapie, begin ek kook. Ons eet vanaand spagetti met gate. As kind
het ons spagetti slangetjies genoem. Hierdie goed is dan seker luislange.
Luislange |
Wat 'n lekker dag!
Halo Julle! Ai, dit klink alles so lekker! Die Uitsig oor Patra foto is pragtig, lieflike uitsig met die stad voor en die see en berge daar agter. Hoed is mooi. Hoe het jy hulle ongeskonde daar gekry? Geniet die dag verder. Liefde xxxElize
ReplyDeleteHi Archies! Sjoe dit lyk lekker. En ek stem saam met Elize, die hoede lyk altwee baie festive. Die uitsig is om van te sing, maggies. Geniet elke oomblik en laat alles tel xx Annette
ReplyDelete