Na 'n heerlike lang nagrus, voel ons piekfyn. Ons werfskaf in en om Maja. Daarna moet ons Port doeane toe gaan om ons seilpermit te kry. Ons stap na die doeanekantoor. Die amptenaar verwys ons na die "New Port". Dis ver soontoe en ons neem 'n taxi. Archie kom by 'n amptenaar wat glad nie kan Engels praat nie. Albei beduie vir die vale. Later help 'n "tolk", maar hulle kan nie hond haar-af maak nie.
'n Blonde Griekse vrou kom toe tot almal se redding. (Drie hoera's vir die blondies!). Na baie gepraat en verduidelikings, verstaan almal. Die doeanekantoor waarheen ons moet gaan, is op 'n ander plek en maak drie-uur toe (dis nou 02:55) en is ook nie môre oop nie, want dis Werkersdag. Ons kan eers Vrydag ons saak aan hulle verduidelik en miskien, hopelik 'n seilpermit kry. Ons is blykbaar nou wettige immigrante met 'n onwettige seiljag.
Ons loop die 5 km terug en wil Internet koop by Vodafone Shop, maar hulle het vroeg toegemaak, want dis mos môre vakansiedag. Maak eers weer Vrydag oop.
Patra vanaf Maja |
Benito Garcia en ek |
Reg om dorp toe te gaan. Let op die simpel hoed |
Maja lyk nog goed na 'n lang winter |
Ons sal eers Saterdag, as ons hopelik die permit het, begin seil.
Hi Julle
ReplyDeleteUiteindelik daar... effe haweloos...uhm... bootloos... maar op die kaai slaap.
Hoop dit word maklik uitgesorteer.
Nou, ja, ans begin vandag saamvaar.
Pa'hulle is nou hier. Hulle kom nou net dikgevreet van die kontreimark (waar Basie afval verkoop het) en hulle stuur baie groete, ma se sy verlang reeds.
Lekker vaar and bly
Gerrie, Ansu,C,R
Halo Julle! Ai, lyk Maja nie pragtig so in die water met die stad in die agtergrond nie! Die Benito lyk na n baie oulike man! Biltong vir vars heuning is n goeie ruil. Jou hoed lyk mooi, is nuuskierig om die res van die versameling te sien. Geniet die dorp. Wettige immigrante met n onwettige seiljag nogal. Hoop julle kom maklik reg more. Liefde xxxElize
ReplyDelete