20 Augustus 2019. Dinsdag.
Die
seiljagorkes is dag en nag aan die speel hier in Ayvalik. Maar ons is
heerlik veilig in die marina. Hy kan maar waai as hy wil.
Ons
gaan dorp toe. Ayvalik is geleë op die rand van 'n "meer" en is 'n
werkende dorp, wat al hoe meer toeriste lok. Dis 'n mengsel van 19de en
vroeë 20ste eeuse argitektuur en is genestel in die groen van olyf- en
dennebome. Die dorp was toentertyd onder Hellenistiese en Romeinse
beheer, maar daar is min oorblyfsels van dié tydperke.
Die
dorp het in die vroeë 17de eeu ontstaan en was veral in die 19de eeu
baie vooruitstrewend. Baie olyfolies, seep, wyn en sout is geproduseer.
In
1923 is die Griekse bevolking wat in Ayvalik gebly het, verruil vir
Turke wat in Kreta, Lesvos en Macedonië gebly het. As jy deur die strate
loop, kan jy nog die Grieksheid aanvoel.
Straattoneel |
"Kom dans Klaradyn" |
Straatveër |
Ou huis uit Griekse era |
Die deur |
No comments:
Post a Comment