12 Augustus 2018. Sondag.
 |
Selimiye tot Serçe |
Selimiye se water is 'n spieël toe ons vertrek na Serçe, 23.5 myl. Ja, dis nogal 'n lang pad.
 |
Naby Selimiye |
Ons
vaar deur die eilandjies, verby 'n klooster wat in vergange se dae aan die
Grieke behoort het. Dan vaar ons om Kızıl Burnu en later Karaburun en
toe eers is ons om die draai.
 |
Oggendskoot |
 |
Verlate klooster op Kameriye Eiland |
 |
Op pad |
Ons
kyk eers of Katal Bükü oop is, want daar is net plek vir een boot. Maar
helaas, 'n verdomde gullet staan groot in die baai. Toe gaan ons maar
na Serçe.
Dis weer line
ashore. Ons maak reg en ek gooi anker. Hy byt nie en ons gooi weer. Die
keer byt hy met mening. Francois swem met die tou land toe. Maar helaas,
die wind waai ons en die tou is te kort.
Dis
'n gesukkel en Francois swem terug na Maja. Die buurman kom met sy
dinghie aangejaag en laai vir Francois en die tou in en jaag klippe toe.
Hy is omtrent my held. Toe is ons vas en ons kan die ander tou self
gaan vasmaak.
 |
Uiteindelik vas |
 |
Tweede tou |
Ou Gus waai dat dit bars, maar Francois en Roelien klim in Dinkie en gaan verken die omgewing. Hulle bly sommer lank weg. Francois sê 'n koei wou Dinkie hap! (Ek wonder of hy nie 'n paar happe ingehad het nie!). Hulle kom al hoppende terug.
 |
Serçe baai |
 |
Francois en Roelien |
 |
Honger koei |
 |
Serçe baai |
Die aand eet ons salm en slaai wat Francois en Roelien voorberei vir aandete.
No comments:
Post a Comment