15 Augustus 2018. Woensdag.
Die laaste kapteinskoffie. Die laaste dag. Vandag gaan Francois en Roelien weg, dan is ons weer alleen leen leen.
Alles
is gepak (behalwe die badsakkie wat hul vergeet het) en hulle is reg om
ba die veeerboothawe te stap. Ons stap saam en toe is dit tyd om te
groet. Hulle gaan na Rhodos vir die begin van hul Griekse en Italiaanse vakansie. Na
'n laaste waai deur die venster, is hulle weg.
 |
Mooi balanseer |
 |
Trek skoene aan |
 |
Gerreed |
 |
Sak en pak |
 |
Koebaai julle |
 |
Marmaris baai |
 |
Marmaris kaai |
Ek en Archie stap alleen terug. Marmaris het 'n skitterskoon oggendgloed wat vergoed vir die kinders se weggaan. Dis asof die dorp sê: "Toemaar, dis nie so erg nie." Ons kyk en waardeer die mooi dorp en gaan terug na 'n leë Maja.
Archie begin dadelik te werk aan die kabels. Haal die oues uit, koop nuwes en sit dit terug. Dit is omtrent 'n dag se werk. Die arme kaptein sweet omtrent 3 liter water uit. Dit bly warm.
 |
Werk aan kabels |
 |
Vissershawe | | | | |
Die
aand bring 'n welkome koeligheid oor Marmaris. Ons eet 'n ligte koue
wat bestaan uit salm en slaai en geniet langbeen die lewe op die kaai
van die besige Marmaris.
 |
Sit langbeen op die dek |
The work never seems to end! Which cables did you have to replace, and why did you have to change the 'ankerketting'? However, I'm sure the beautiful surroundings more than make up for the work that has to be done to get you there! Happy sailing!
ReplyDeleteHi Paddy
DeleteThe gearbox cable (from throttle mechanism) broke while we were in Milos and we've been running with a Pratley Putty-repaired one since then. While the whole throttle assembly was dismantled, I replaced the throttle cable as well.
The anchor chain had lost all its galvanizing and also needed replacing. It was making a terrible mess on the deck and on the anchor operatrix.
Marmaris has a wonderful selection of chandlers and it was a good place to get all the outstanding repairs/replacements done.