Lourens en Ryna het op baie kort kennisgewing kom seil nadat Marietjie terug aan Suid-Afrika moes gaan vir haar Ma se siekte. Gelukkig het hulle nog geldige Schengen visums gehad en die tydperk het in die skoolvakansie geval. Ryna is ’n onderwyser. Sonder hulle sou ek nie kon seil nie en vir tien dae opVolos moes gesit het.
Baie dankie julle vir julle ondersteuning en hulp.
Om iemand aan boord te hê wat vinnig leer en wat dáárby altyd bereid was om
hulp te verleen, het alles baie makliker gemaak. Julle is nou verklaar as bekwame
bemanningslede en Ryna se "Stamppot" was 'n wenner.
Lourens
Lourens |
Beste Ervaring.
Lourens se beste ervaring was die hele seiljag
ondervinding. Hy het al die tegniese details geniet soos anker gooi, seile span
en stel, boot bestuur en boot vasmaak aan die land en by kaaie.
Agter die helm |
Beste Plek
Die plek wat Lourens die meeste geniet het was Pythos Baai met die mooi skoon
water, die interessante stappie na die dorpie en die “line ashore” ervaring.
Pythos Baai "line ashore" |
Ryna
Ryna |
Beste
Ervaring
Ryna skryf: “Ek was ook ‘matroos’ hierdie keer en
het só baie geleer – te veel om op te noem.”
Ryna - Matroos |
Beste Plek
Sy skryf verder: "Pythos Baai. Seelewe is baie beter as al die
ander plekke in Griekeland "
Pythos Baai |
No comments:
Post a Comment