13 September 2016. Dinsdag.
Vandag besoek ons die antieke stad
van Phaselis. Die koloniste van Rhodes het dit vroeg in 7de eeu v.C. tot stand
gebring. Die gebied se rykdom het gekom van die verskeping van hout, roosolie en
parfuum. Die stad is in 333 v.C. deur Alexander die Grote oorgeneem, maar
daarna was dit semi-onafhanklik onder Roomse jurisdiksie.
Die stad lê in die skadu’s van
dennebome en is omring deur drie klein perfekte baaie. Die fondasies van die
gesonke hawe is nog duidelik te sien.
 |
Gesonke hawe |
Ons stap in deur Hadrian’s Gate. Die
agora is geleë naby die suidelike hawe en die straat wat van die noordelike
hawe kom, is pragtig. Daar is ook uitgebreide baddens en die oorblyfsels van
die stad se akwaduk.
 |
Hadrian's Gate |
 |
Ou ingang |
 |
Die pad na die hawe |
Die teater, wat hoog teen die kant
van ’n koppie lê, is nog in ’n goeie toestand. Daarvandaan kan jy op die pragtige
hoë berge wat trots in die vêrte staan, uitkyk.
 |
Teater met die Tahtalı berg in die agtergrond |
Ons sien die gesonke breekwater baie
duidelik en is vreeslik bly ons het nie daaroor gevaar nie. Maja lê vreedsaam
in die baai vir ons en wag.
 |
Marieks by die gesonke breekwater |
 |
Suiderlike hawe |
No comments:
Post a Comment