14 September 2016. Woensdag.
![]() |
2016 roete |
![]() |
Phaselis tot Kemer |
Die kaptein verras my met pannekoek vir die laaste seil oggend. Dit smaak vorentoe.
Kaptein Pannekoek |
Vandag is ons laaste dag op see. Ons is op pad na Kemer, 8.2 myl. Ons verlaat die rustigheid van die baai. Die antieke stad sluimer tussen die bome, die gulets is nog lank nie in sig nie.
Dis nou net vir laaste anker van die
seisoen optrek en weg is ons. Die wolke hang swaar oor die berg en doer vêr in
die oop see lyk dit of ’n lekker reënbui daar uitsak.
Eerste reënstorm |
Die kaptein is baie hartseer, want dis sy laaste dag op see en hy kan nie eers seil nie. Gus waai liggies van voor en Maja se enjin prrr geduldig na ons laaste bestemming.
Seerowerskip en wit kranse |
Sommer gou lê die marina voor ons en ons roep oor kanaal 73. Ons moet eers die swartwater uitpomp. Ons meer langs die dieselkaai vas en ’n marina skare van vier heet ons welkom. Name word uitgeruil en blad word geskut. Ons voel toe sommer baie welkom.
Daar's die marina |
Een van die manne kom sommer aan boord om met die vasmeer te help. Ek is totaal oorbodig, want die man doen alles. Sowat van goeie diens! Die beste wat ons nog gehad het.
Toe is alles klaar. Ons is by Maja
se oorwinter huis. Dit voel snaaks. So asof nog iets moet gebeur, of nog ’n baai
besoek moes word, nog ’n anker, nog ’n kaai. Maar hier is ons in Kemer, tussen
die majestueuse berge.
Kemer Marina |
Marina |
Hier gaan ons vir ’n week bly om alles reg te kry vir Maja se winterslaap.
No comments:
Post a Comment