9 September 2016. Vrydag.
 |
Karaloz tot Gökkaya |
Die lug verander van donker na
goud-pienk-rooi. Stadig ontwaak die baai. Vissies kom loer wat bo die water
aangaan, voëls vlieg rond en ons maak gereed om te vertrek na Gökkaya Limanı,
3.8 myl.
 |
Die baai ontwaak |
 |
Groot grot |
Sommer gou is ons daar en Larry en
Lee is ook in die baai geanker. Ons gooi anker op dieselfde plek as verlede
jaar. Dis heerlik rustig in die baai, maar net warm. Hierdie Turkye koel net
nie hierdie jaar af nie. Dan is swem maar al genade om af te koel.
Ons vat vir Dinkie en roei na Larry
en Lee toe. Ons gesels en Lee maak tee. Archie verduidelik vir haar Google
Earth roetes en ek en Larry sit en gesels. Ons groet later en is warm geroei en
swem is die antwoord.
 |
Lee en Archie |
 |
Larry |
Dit is net ’n rustige dag op anker
in die pragtige Kekova Roads. Ons seildae word min. Ons is besig om stadig maar
seker ons pad na Kemer te vind, waar Maja hierdie jaar gaan oorwinter.
 |
Gökkaya Baai |
No comments:
Post a Comment