9 September 2016.
![]() |
Gokkaya tot Finike |
Vandag is dit Finike Marina, 15.7 myl. Dis ’n groot dorp en ons het proviand nodig. Ons vaar en vaar. Gus waai liggies en seil is nie in die vooruitsig nie.
By die marina moet ons eers diesel
ingooi en daarna by ’n ander kaai swartwater laat uitpomp. Die marina manne is
baie professioneel en hulle doen alles om dit vir mens maklik te maak om vas te
meer.
Maak vol |
Finike Marina |
Dis snikheet hier in die marina. As jy vinnig in Maja beweeg, dan tap die sweet jou af. Al beweeg jy stadig, tap die sweet jou af. Ons vat die warm pad dorp toe en koop die nodige kos en gaan kyk waar Gumnuts, Martin en Shiree se jag, hoog en droog op die stelte staan.
Gumnuts "on the hard" |
Ons dink terug aan die heerlike tye
wat ons hierdie jaar saam met hulle in Ermioni en Portocheli beleef het. Die
kuier op die boot, die uiteet en die seil. Ons klink vanaand ’n glasie op julle
twee.
Shiree en Martin in Ermioni |
Kuier saam in Portocheli |
Die seelewe is in oorvloed hier in die marina. Skole visse van verskillende groottes swem hier rond. Skillie swem ook ewe rustig in die water. Martin het selfs dolfyne in die marina gesien toe hulle hier was.
Ek kook vanaand lam en al die brakke
van Turffontein sit voor Maja om te deel in die aandete.
Gaste vir aandete |
Nog ’n dag snel ten einde in die 2016 seilseisoen en die einde kom nou vinnig nader.
No comments:
Post a Comment