Saturday, September 3, 2016

Bayindir Limanı, Kaş.



1 en 3 September 2016. Donderdag en Saterdag.

Yesilkoy tot Bayindir Limanı, Kaş
 
Van Kalkan vat ons die pad na Bayindir Limanı, Kaş, 15.5 myl. Ons Turkse visums is amper verstreke en ons moet vir ’n dag na Griekeland toe gaan en dan weer in Turkye inklok, dan het ons weer ’n visum vir nog 30 dae. Daar is veerbote vanaf Kaş na Kastellorizon, ’n klein Griekse eiland baie vêr van Griekeland af.

Ons gaan loer by Kas se hawe in. Hierdie is my ergste nagmerrie. Daar is bote en nog bote. Gulets, ekskursie bote, veerbote, bote vir die duikers en watertaxi's. Almal wedywer vir n plek. Hulle kom en gaan. Hierdie is nie plek vir n seiljag nie!

Kaş
Beknopte hawe
 
Ons anker in die diep baai in 13 m en hier is ons. Ons is hier tussen strande en watertaxi’s kom en gaan heeldag. Hier is nie ’n pad na hierdie deel van Kaş nie en almal maak gebruik van watervervoer.

Ons bly heeldag op Maja en vat later vir Dinkie en roei om die hoek om te sien waar is Nuri's Bungalows waar ons ’n plek by die kaai bespreek het vir môre as on moet Griekeland toe. Ons gaan die hele dag weg wees en Maja moet veilig wees.

Ons bekyk die Nuri’s so, want daar is geen seiljagte daar nie. Die kaai lyk maar lendelam, maar na nadere ondersoek, lyk dit ’n bietjie beter. Ons roei die lang pad terug. Aan die oorkantse kranse is daar graftombes uitgekap.

Graftombe
 
Ons gaan môre vroeg daar vasmeer en dan kom ons Saterdag weer hier anker.

My oudste seun Francois, verjaar Saterdag. Baie geluk met jou verjaardag!

No comments:

Post a Comment