26 Julie 2016. Dinsdag.
Die klein
motorboot langs ons vertrek vroeg. Maar o wee! Hulle kom nie weg nie, want ons
anker is oor hul vreeslike skewe anker.Weer kom Redding Internasionaal tot
hulle redding. Gelukkig weet Archie presies hoe om die tou te gebruik om die
anker te laat vrykom. En daar trek hulle.
Nog 'n redding |
Ons anker is toe heeltemal los en ons moet inderhaas regmaak om te vertrek. En weg is ons.
Oggendskoot - Anderland |
Elize het mos die begeerte om in water wat dieper as 200 m is, te spring. Wel, vandag is die dag! Ons gaan in water van 500 m vaar. Archie gee opdrag dat ons gereed moet maak toe ons by die plek kom.
Elize klim
dapper op Maja se snoet. Jy moet maar jou balans hou, want sy wieg so effe. Sy
retireer en sê ek moet liewers eerste spring. Ek klim en ek spring. Sy klim en
dink: ”As my sussie dit kan doen, kan ek ook!” Archie tel en daar trek sy
sierlik deur die lug en verdwyn onder die 500 m diep water.
Ek spring |
Fanie duik |
Ou Archie is totaal onkant betrap met die kamera, want hy het nie gedink sy gaan regtig spring nie. Toe spring ons maar weer. En Elize? Niks bang nie. Geniet dit vreeslik. So word ’n droom waar. Sy het in haar diep water gespring. Sy wou 200 m diepte hê, maar kry toe die bonus van 500 m.
Elize se sprong |
Bravo vir die brawe Elize!
No comments:
Post a Comment