12 Junie 2015, Vrydag
![]() |
Boynüs Bükü tot Göcek |
Vandag gaan ons na die Göcek, 36°44.970 N, 28°56.606 O, 4 myl om te vaar. Ons groet ons Duitse bure
aan die stuurboord kant en daar vaar ons, verder in die die Golf van Fethiya.
Göcek |
Göcek is ’n see van maste, ’n maswoud.
Die hart en siel van die plek is jagte. Ons probeer eers die Munisipale Marina,
maar die antwoord op die radio kom: ”We are full.” Toe probeer ons maar die Didum
Marina. Hulle het plek en hulle ontmoet ons by die ingang. Hulle help ons by ’n
benoude plek in en Kaptein Archie hanteer dit meesterlik. Almal sit ’n bietjie
handjie by en ons is vas.
Göcek is ’n mooi vakansiedorp met pragtige blomme oral. Dis ook die plek waar ons weer voorrade gaan koop, want die
manne moet darem nie honger ly nie. Archie swig ook voor die versoeking om ’n lekker
lang tou vir “line ashore” te koop en ons lyk omtrent soos pakesels toe ons die
terugtog na Maja aanpak.
Blommedorp |
Marina jetttie |
Pakesels |
Die aand eet ons vars balik (vis) wat ons by die vismark
gekoop het en self in ’n pan gebraai het. Dat sukke gesonde kos so lekker kan
smaak!
No comments:
Post a Comment