![]() |
Lefkas tot Vonitsa |
Alles kom tot 'n end, tot ons skuiling in Lefkas. Daar is 'n tyd om te kom en 'n tyd om te gaan. Ons vertrek 08:35 om betyds te wees as die brug
oopmaak.
Lefkas Marina |
Ons gaan 09:00 deur die brug. Hulle het, soos Klara Viljee in die fliek, die sandduin (die een wat die see van die kanaalingang skei) verskuif, so die keer is niks "hair raising" nie, veral nie van die suidekant af nie.
![]() |
Foto van hoe die sandduin verskuif is |
St Mavros Fort |
Voor ons, anderkant die see, kan ons al vir Preveza sien. Dis 9 myl tot daar. Ons plan is om by die dorpskaai vas te maak.
Die wolke in die lug is 'n visuele plesier, wat stadig maak seker verander na 'n grysheid en nog later na waterdruppels op ons lywe. Dit reën plek-
plek en soms hier en dan elders.
Dreigende wolke |
Die son skyn by Preveza, maar ons besluit ons vaar verby en gaan die Golf van Amvrakikos binne en vaar tot by Vonitsa, waar ons wil anker. Langs die pad sien ons baie dolfyne, maar hulle swem en speel al te lekker in die verte. Ons wil hulle nader lok en speel op my mondfluitjie en fluit, maar puur verniet. Ons moet maar met die verte tevrede wees.
Naby Vonitsa |
Ons kom by Ormos Ay Markou,'n baai naby Vonitsa waar ons wil anker. Die boek sê dit was lank gelede 'n mosselplaas, pasop vir ou mosselplaas-rommel. Ons passop toe maar vir die rommel, maar Maja se anker wil net die byt nie, nee sleep net agter haar aan. Ons gooi vyf keer sonder sukses anker, maar ons vermoed ons het 'n ander tipe anker nodig om in die fyn slymmosselmodder te anker.
St Markou Baai |
![]() |
Vyf keer! Geen sukses nie. |
Toe gaan ons maar na Vonitsa se dorpskaai (38° 55.321 N, 20° 53.099 O), 'n hanetree van daar af. Eienaardige besigheid, die dorpskaai. Daar is vasmeertoue, maar die bote anker ook. Dit beteken dat daar sementblokke of kettings onder die water is, waaraan die vasmeertoue vasgemaak is. Dit beteken ook dat jou anker aan die blokke of kettings kan vashaak. Die meeste bote is vasgemeer én geanker!?
Ons stap in die klein dorpie rond. Daar is ook 'n kasteel, maar dis altyd toe.
Kaai en kasteel |
In ewewig |
Dis grafstil in die nag. Nie 'n roering van Gus se kant af nie.
Halo julle!
ReplyDeleteEks bly julle het vir Gus oorleef en kan weer verder seil. Dit lyk of daar baie dolfyne daar in die see is, ek hoop hulle kom swem en speel met Maja wanneer ons ook daar is. Sou dit graag wou beleef.
Markou se baai lyk na n baie lekker ankerplek, so ideaal in Archie se kraal, hy geniet mos die baaie se rustigheid. So dis jammer julle kon nie daar anker nie. Julle het omtrent die hele baai uitprobeer. Wat gebeur as mens se anker aan die blokke of kettings vashaak? Ruk en pluk mens dit los, of moet iemand afgaan en gaan kyk wat gaan aan. Sou dit dan Archie se werk wees? Ek kan verstaan dat mens maar bietjie benoud is as mens dan anker optrek.
Dit lyk na n baie lekker plek om te sit, so met die bankies en pragtige lamppale. Hier kan mens sit en net die rustigheid en see indrink en net wees. Sonder n sorg in die wereld. Ek hoop julle het so n rukkie daar gesit...
Liefde
E xxxx
Hi.
ReplyDeleteAs jou anker aan 'n blok of ketting vashaak en dit is diep, moet jy 'n duiker kry om dit los te maak, as jy dit nie self los kry nie. Gewone swemmer het nie genoeg asem om te duik en onder te werk nie. Hang af van die manier wat dit vasgehaak het. Ons hoop dit gebeur nooit.