Sunday, May 18, 2014

Golf van Amvrakikos. Preveza.

18 Mei 2014. Sondag.

Vonitsa tot Preveza

Die nag word dag en ons vertrek. Ons albei dink aan die anker, maar dit trek op sonder probleme. Ons slaak 'n sug van verligting en toe werk die dieptemeter nie! Archie het die vorige dag weer iets geinstalleer, 'n kragpunt by die boksding waar die instrumente is en die helm aan vas is. Hy maak daar en dan, sommer so op die bewegende Maja, die boksding uitmekaar en fieks die los draad. En daar werk die dieptemeter. Weer slaak ons 'n sug van verligting. Dit lyk my ons slaak net heeltyd!

Dis koud as die wind waai, want daar is jou werklik nog sneeu op die berge.


Sneeu op die berge

Ons sien weer verafgeleë dolfyne wat spring en speel en so kom Preveza (38° 57.465 N, 20° 45.310 O) al nader en nader, net 8.3 myl. Die wind waai net liggies en ons anker en meer maklik vas. Ons sit lekker langbeen en kyk die lewe uit die hoek van die boot en daarna gaan stap ons, word ons deel van die bewegende lewende lywe op die kaai.

Venesiese kloktoring
Klein tuin
Kom aan boord
Terug aan boord








4 comments:

  1. Hallo Julle!

    Eks bly julle kon sonder probleme die anker opgetrek kry. Archie is darem maar lief daarvoor om gedurig iets te installeer. Dis nou seker van die goedjies wat hy so in die bootwinkels koop. Gelukkig is hy goed met goed fieks ook, want sonder n dieptemeter kan mens glad nie.

    Is dit die eerste berge wat sneeu op het wat julle sien? Dit wys dis nog nie somer nie. Dis seker nou lente daar, of vroegsomer.

    Ai, lekker langbeensit en mense kyk. Te lekker, seker met n 'cold beverage' in die hand. Pragtige tuintjie, op so n klein stukkie aarde!

    Is die rooi hoed op die foto jou derde hoed? Eks nuuskierig om die vierde hoed te sien. Ek hoop nie ek het hom erens misgekyk nie!

    Geniet die dag!
    Liefde
    E xxxx

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi. Daar is nog oral sneeu op die berge. As die wind van daardie rigting waai, is dit koud. Dis ook nog bietjie koud vir cold beverage, ons drink warm goed.

      Die hoed is 'n ou hoed.

      Delete
  2. Marietjie, eks so bly jyt jou mondfluitjie toe onthou! Elize het my vertel van die singaand op die boot en ons het al begin oefen! hiehie.....Maar ons moet net eers saam besluit dat "what happens on Maja on singing night stays on Maja". Ek geniet jou foto's en mag ek erken dat ek soms effe benoud sluk-sluk, maar dan slat die opgewondeheid my en sien ek kans vir Gus EN sy pa! Bring it on!!!! Geniet dit, Archies!

    ReplyDelete
  3. Hi.
    Ek is bly julle oefen vir singaand. En wat daar gebeur, bly tussen die bemanning. Benoud wees en opgewondenheid is deel van seil. Jy sal goed inpas!

    ReplyDelete