16 Augustus 2013. Vrydag.
Durrës is maar net 'n hawedorp. Ons bly in die hawe, alongside langs die graandok. Daar lê graankorrels rond en dit beteken daar is rotte. En ek wil geen rot op Maja as passasier hê nie, dankie!
Archie bak pannekoek vir ontbyt (wat 'n goeie vangs was hy) en ons eet dit rustig. Later gaan ons dorp toe, nadat al die vensters sorgvuldig toegemaak is. Durrës bied nie veel vir toeriste nie. Ons loop langs die see, 'n snaakse vlak see.
Langs die seefront |
Die ure van die dag glip traag verby, maar dit pas ons soos 'n handskoen. Dis ons rusdag na gister. Ons eet middagete by 'n restaurant en gaan later terug hawe toe. Die dokke is nou ons woonplek.
Archie in die strate |
Wie is dit (langs my)? |
Vryheidsvegter |
Die aand is ons weer in die dorp. Dis Vrydagaand en die hele Durrës is op straat. Hulle vermaak hulle met 'n kerkbasaar-tipe tombola, swaanvang, skyfskiet en nog meer. Vir die jongklomp is daar swaaie en die "merry go round", soos wat ons dit as kinders genoem het.
Ons laat die miernes agter en gaan na die rustigheid van Maja langs die graandok. Ons maak weer seker al die vensters en gate is dig toe. Rot se kind is nie welkom nie.
Maja was nog nooit so vuil nie.
Published with Blogger-droid v2.0.10
Halo Julle! Dis nogal snaaks om n hotel tipe gebou te sien, orals is dit altyd mooi geboue. Hierdie is so half modern. Het die kerkbasaar en die merry go round jou na jou land en mense laat verlang? Eks bly julle kon rus. Hopelik kon geen rot insneak nie. Die bank met die lewensgrootte beeld is interessant.
ReplyDeleteLiefde
Elizexx