29 Mei 2023. Maandag.
Vandag rus Archie sy enkel en al die besienswaardighede na hulself kyk. Ons bly tuis in Catania. Vandag klim ons geen bus of trein nie.
Ek gaan klim die St Agata kerk se trappies tot bo en kyk uit oor die stad. Alles wat altyd so hoog is, is nou ooghoogte. Ek kan die kerkklokke nou in die oog kyk.
Die plein is doer onder. Daar is nog nie baie mense nie, want dis nog vroeg. Ek was vanoggend die eerste om die kerk se trappe te bestyg.
Later klim ek die smal toring met nog smaller wenteltrappe na die uitkykpunt en toe is ek boonste. Nou lê die stad behoorlik aan my voete. Ek verlustig my aan die stad wat heeltemal anders lyk. Ek moet sê, hy lyk eintlik mooier van onder af. Ek kyk my kyk en stap ondertoe.
Hulle is besig om die kerk te restoureer. Daar is oral standbeelde van heiliges. Ek kyk in hul lewelose oë en na hul gevoelvolle klip gesigte. Hulle was ook eens op 'n tyd deel van die hede.
 |
Berg Etna |
 |
St Agata Katedraal se toring |
 |
Ekke is bo |
 |
Catania |
 |
Plein |
 |
Wenteltrappe |
 |
Traptoring na heelbo |
 |
Klok |
 |
Potte op die dak |
 |
Van bo |
 |
San Giuseppe |
 |
Ou boek |
 |
Kandelaar |
Ek stap verby die waterfontein na die mark. Dis nie so besig soos gister nie, maar is nog steeds heelparty om te koop. Ek koop 'n paar pakkies kruie waarmee ek hopelik my kookkuns kan verbeter. Die kaas verlei my amper en die vismark is baie interessant. Tot 'n klein haai is te koop en 'n Taljaner koop sommer die hele haai. Ek wonder hoe smaak haai. Die man wat die lekkers maak, is geweldig behendig. 'n Hele skare hou hom stip dop.
 |
Fontein |
 |
Haai |
 |
Maak lekkers |
 |
Behendig |
 |
Afval |
 |
Kaas en salami |
 |
"Moor's Heads" |
Ek besoek ook die die Paleis van die Olifante. Hier is 'n storietjie oor die Paleis van die Olifante.
 |
Paleis van die Olifante |
 |
Olifant |
 |
Paleis se binnehof |
 |
Koets |
 |
Koets |
Via Cruciferi is my gunsteling straat met al sy kerke. Genugtig, maar dis mooi geboue. Te groot om af te neem.
 |
Teen die muur |
 |
Deur |
 |
Standbeeld by die kerk
En nou is ons toer in Italië en Malta verby. Ons vlieg môre terug Griekeland toe. Ons sal so elke dan en wan 'n blog pos oor ons doen en late op Skopelos. Tot siens tot 'n volgende keer. |
Just found time now to catch up with your Sicily sojourn - what an interesting place! What happened to Archie's enkel? Hope all is well with you guys. Are you back home in Skopelos yet?
ReplyDeleteWe are back in Skopelos and Archie's ankle is getting better but he's still taking it slowly. Lots of work in the garden and painting the boundary walls but the house is really looking stunning. When are you coming to visit?
ReplyDelete