13 September 2019. Vrydag.
Ons
verlaat die pragtige Braşov en klim bus 16 tot by die busstasie. Koop
'n kaartjie na Suceava by die busbestuurder en vertrek 7:00 vir ons
amper agt ure se busrit.
Roemenië
se platteland is pragtig. Die klein huisies is teen die hoofpad gebou
en dan het elke huisie sy houtstoor in die agtererf vir sy boerdery
implemente. Elke boer se stukkie grond is op 'n ander plek en hy ry
soontoe op sy trekker of donkiekar. Oral is landerye te sien.
Die Lonely Planet beskryf die landskap so raak. Hier kry jy van Roemenië se bekende volksoorleweringe, prentjiesmooi dorpies, pragtige landelike landskappe en kleurvolle inwoners.
 |
Huisies langs die pad |
 |
Verkeersknoop |
Ons
ry later deur woude en oor 'n pas of twee. My hart trek met 'n punt na berg en
bos. Ons stop by 'n pragtige hotel om bene te rek. Klim in en ry
verder. Ek is vreeslik opgewonde oor Suceava. Ek is seker dit gaan pragtig wees. Mooi landelike dorpie, 'n berg of twee, ek kan nie wag om daar te kom nie.
 |
Vensterskoot - Bos en berg |
 |
Hotel |
Ons nader
Suceava en my hart sak in my skoene. Dis vreeslik lelik hier. Sommer net 'n dorp. Ek het
gehoop op berge of iets mooi. Ek klim dapper van die bus af en trek my
tas na ons woonstel (wat toe baie mooi is). En hier is ons in die lelike ou plek. Ai tog!
No comments:
Post a Comment