1 Augustus 2019. Donderdag.
 |
Nikiti tot Porto Koufo |
Ai, maar ek het weereens dit op Nikiti geniet. Vandag is ons op pad na nog 'n bekende plek, Porto Koufo, 21.6 myl.
Almal kry 'n beurt agter die helm. Sommige is net meer ontspanne as ander agter die helm. Dis nou behoorlik drink en bestuur hierdie! Pierre vaar nog so lekker toe Maja se ritme verander. Ons kom dit dadelik agter. Ek sê vir Archie ons moet dadelik stop, want iets is verkeerd. Die kaptein vat die snorkel en gaan stel ondersoek in. Die sondebok is 'n stuk plastiese tou wat aan die propeller se as vassit. Ek stem saam oor plastiek. Dit besoedel die see.
 |
Pierre |
 |
Die sondebok |
Die
water is glad en Gus lê. Ons vaar vorentoe, altyd vorentoe. Ons vaar by
die natuurlike hawe in en gooi anker. Eindig te na aan die boot wat op
'n boei is. Trek maar weer op en gooi weer. Gelukkig byt dit en ons is
vas.
 |
Porto Koufo ingang |
Dit is vreeslik warm
en die water lyk aanloklik. Annatjie is maar skrikkerig vir die blou
see, maar durf dit dapper aan. Ou Pierre swem self nie te lank nie. Ek
kry darem 'n paar foto's in, na 'n bietjie soebat. Die water is heerlik
en ek swem sommer lekker lank.
 |
Maak moed bymekaar |
 |
Pierre |
 |
Lyf natmaak |
Later
gaan ons land toe, en ek en Archie koop lekker garnale vir aandete.
Vanaand is die aand. Ek kan nie wag om my tande in daai garnale te slaan
nie. En al die koppe en doppe uit te suig nie.
Pierre
en Annatjie drink soos gewoonlik koffie en daarna ons gaan terug na Maja.
Sjoe, maar dis warm hier en daai water roep my. Om jou oorverhitte lyf
in die effe koel water te lawe, is heerlik.
Toe is dit tyd vir die garnale. Met peri-peri, saam met rys. En dis koningskos.
 |
Koningskos |
No comments:
Post a Comment