9 Augustus 2019. Vrydag.
Ai, ons
skuil nog steeds in die windstil Myrina. Dis eienaardig om teen die wind
te skuil as daar by jou geen wind waai nie. Toe gaan stap ons vier maar
na die wit kerkie op die bult.
 |
St Nicolas Kerk |
Die
kerkie is eintlik mooi van vêr af, maar vêr van mooi af. Sommer maar
net 'n wit kerkie op 'n bergie op 'n verre eiland in Griekeland. 'n
Seilboot vaar in die verte. Hierheen, vir skuiling teen die nóg sterker
winde wat gaan kom.
 |
Archie |
 |
Seilboot |
Die
aand neem Pierre en Annatjie ons uit vir die dankie-sê ete. Hulle het
eintlik maar min om voor dankie te sê, want ons is nou al 'n week hier
by Myrina. Gewoonlik neem ons ons gaste na plekke waar hulle 'n breë
spektrum van Griekeland kan beleef, maar Gus het ander planne met ons
gehad. Hy het ons vasgevang in sy waainet en gevange gehou. Gelukkig in
die pragtige Myrina, op Limnos Eiland.
Ons
is almal uitgevat en stap na die taverna waar Pierre en Annatjie vir
ons 'n tafel bespreek het. Die restaurant kyk uit op die see. Ons sien
die kasteel wat verlig in die agtergrond staan.
 |
Pierre en Annatjie |
 |
Archie en ek |
 |
Ons vier |
Ek
bestel geroosterde calamari en die ander drie lam souvlakia. Ons eet
heerlik. Daarna gaan eet ons nagereg by 'n ander plek. Sjokolade
soufflé, lemoenkoek en 'n amandelkoek. Alles word bedien met 'n skep
roomys. Kuppeldik van koningskos! "Baie dankie Pierre en Annatjie. Dit
was heerlik!"
 |
Calamari |
 |
Souvlakia |
 |
Beligte kasteel |
No comments:
Post a Comment