![]() |
Partheni tot Lipso Baai |
Gelukkige Vadersdag aan al die vaders dwarsoor die wêreld. En spesiaal ook aan my eie pa, wat 89 jaar oud is.
Ons
gaan vandag na Lipso, 8 myl. Die kaptein gee die opdrag: "Start the
engine!" Hy is mos Engels. En ek druk die knoppie en Maja se enjin sê: "Hoi
hoi." My f*k, en ek skrik my asvaal.
Nou
is die kaptein doenig met dinge en hy sê ek moet weer probeer. Hierdie
keer is daar nie eers 'n "hoi hoi" nie. Net 'n angswekkende stilte.
Ek
is asvaal, maar die kaptein is valer. Toe doe hy weer 'n paar dinge met
sy towerstaf en met 'n bonsende hart probeer ek weer. As Maja nie nou
vat nie, sal iemand vir ons 'n enjinbattery moet bring. Ek druk die knop
met behulp van 'n skietgebedjie. En daar vat Maja. Sit dadelik die
omwentelinge hoër dat die battery kan laai.
Sjoe!
Archie trek die anker op en weg is ons. Ons vaar heel ttyd om die
batterye te laai en toe ons by Lipso kom, is dit nog steeds nie
heeltemal vol nie. Ons gooi anker en vas is ons.
Oggendskoot - Boot en blou |
Ek voel sommer moeg na die spanning, maar later vat ons vir Dinkie en gaan land toe.
Dis
pragtig hier van bo af. Elize en Martie gaan mal oor Lipso wees as
hulle oor 'n paar dae hierheen kom. Ons kyk na Maja in die baai. Blou
water, vriendinne wat lui saam met haar in die baai ronddraai. Dorpie in die agtergrond.
Marieks en Maja |
Hier in Griekeland bou hulle mos oral kerke. Langs die see, op heuwels, op berge, op pleine. Somige huiseienaars bou soms vir hulle 'n persoonlike klein kerkie. Hier in Lipso is baie kerke. In die dorp is daar 'n klomp en hier in die baai is twee. By die eerste kerkie is hulle besig met restourasie. Nuwe verf en wat nog. Die ou kerkie gaan sommer pragtig lyk. Ons sien hom weer van bo af.
Kerkie |
Ons stap berg-op na die ander kerkie. Die boonste kerk is ook vars geverf. Skitterwit en blinkblou pronk hy daar. Ons kry ook 'n pragtrige uitsig van bo af. Toe stap ons weer terug onder toe en roei terug na Maja.
Ons spaar heeltyd krag. Ek is nou bang vir daai battery. Gaan die enjin battery hou?!
Kerk op die bult |
Vars geverf |
Uitsig van kerk |
No comments:
Post a Comment