21 Mei 2019. Dinsdag.
Vandag laat ons Maja veilig in die Marina agter en ons almal gaan Marmaris toe. Sullivan moet Dalaman lughawe toe te gaan. Hy vlieg Switzerland land toe om by sy wederhelf, Mary-Anne, aan te sluit. Dan gaan hulle twee saam verder toer.
Die 08:00 bus is vol skoolkinders op pad na Datca en toe ek groet en "Merhaba" (hallo) sê, koor al die kinders "merhaba" terug. So asof ek hulle juffrou is. By Datça se groot Migros, stop die bestuurder en kyk vir ons en sê: "Marmaris." Daai vrou by Körmen het sweerlik vir die busbestuurder gesê hy moet seker maak ons klim by die regte plek af. Hierdie Turke is die sout van die aarde.

Ons
wag vir ons eerste dolmuş na Datça. Vandaar kry ons 'n volgende bus na
Marmaris. Hasan se vrou wag so ewe saam met ons vir die bus. Ons sê vir
haar ons gaan Marmaris toe, maar toe daai dolmuş kom, klim sy nie. Sy
praat met die bestuurder en loop terug huis toe.
Wag vir dolmuş saam met Hasan se vrou |
Die 08:00 bus is vol skoolkinders op pad na Datca en toe ek groet en "Merhaba" (hallo) sê, koor al die kinders "merhaba" terug. So asof ek hulle juffrou is. By Datça se groot Migros, stop die bestuurder en kyk vir ons en sê: "Marmaris." Daai vrou by Körmen het sweerlik vir die busbestuurder gesê hy moet seker maak ons klim by die regte plek af. Hierdie Turke is die sout van die aarde.
Net
om die draai is die bussie na Marmaris en ons klim. Sullivan se groot
tas ry in die kattebak. Dis 'n heerlike rit en na omtrent 'n uur en 'n
kwart lê Marmaris voor ons en ons klim by die otogar af. Dis te vêr vir
stap en die geel taxi neem ons en die tas na Mustafa se kantoor dat sy
vriend die waterpomp kan regmaak.
Ons
wag in Mustafa se kantoor en hy bestel vir ons Turkse koffie. Ek gril
en drink. Ek hou mos niks van Turkse koffie nie. Dis te moerig. Sommer
gou het Archie sy waterpomp terug en R1 000.00 verder is dit hopelik reg.
Ons drie dwaal vir oulaas saam in Marmaris rond. Ek koop hier en daar geskenke vir my kinders. Sullivan koop nog 'n hemp.
Toe
gaan ons na dieselfde restaurant waar ons verlede jaar saam met
Francois en Roelien geëet het. En ons drie smul vir oulaas saam aan 'n
heerlike middagete ete.
Toe is dit sukke tyd. Koebaai, altyd te gou. Ons neem hartseer van Sullivan afskeid. "Koebaai Sullivan, dit was heerlik om jou op Maja te hê. Jy kan maar weer kom!"
Sullivan eet "chicken backs" |
Lekker eet |
Laaste middagete saam |
Toe is dit sukke tyd. Koebaai, altyd te gou. Ons neem hartseer van Sullivan afskeid. "Koebaai Sullivan, dit was heerlik om jou op Maja te hê. Jy kan maar weer kom!"
No comments:
Post a Comment