Ons het sowaar
nie eers gister by Tuzla geswem nie. Wonder wat sal Dirk daarvan sê. Verlede
jaar het ons soos kinders in hierdie water baljaar. Sullivan doen die brawe ding om die landlyn te gaan losmaak. Daai water is nog lekker koud.
Alles lyk goed in die enjin, geen olie te sien nie en ons vertrek na Amazon Creek, 10.6 myl. Sullivan is oudergewoonte eers voor op die wa en daarna agter die stuur van sake. Die see is kalm en die wind is weg. Nes ek daarvan hou.
Die makkers sit en gesels en dis gewoonlik vreeslike intellegente gesprekke. Hulle het mos altwee toentertyd graad een gespring, dis nou as jy drie maande in graad een te slim raak vir die graad en dan gaan jy dadelik na graad twee toe.
Voëls sing in die bome. Die kleur groen, speel die hoofrol in die pragtige baai, want oral rondom ons is lowergroen bome. Tot een van die meisies wat swem se bikini is groen.
Ons kom by die vakansieoord (glamping oord) en klim uit. En wat 'n verrassing! Dis baie mooi hier. Daar is 'n pragtige restaurant waar die mooiste musiek speel. Oral is permanente karavane en ander blyplek tussen die bome. Die swembad is silwerskoon. Ai, dis regtig mooi hier. Ons sit heerlik by 'n tafeltjie en drink koue drankies. So nou en dan val 'n moerbei op die tafel, dan eet ek dit.
Ons drink die atmosfeer in en luister of ons die liedjies herken. Archie herken die meeste van die liedjies. 'n Dogtertjie agter ons sing saam. Ek en 'n ander jongman speel drom op die tafel. Ons staan later onwillig op, want ons moet terug huis toe.
Die makkers roei terug en by Maja is dit swemtyd. Archie en Sullivan speel uitgelate in die water. Hul spring en gil en jil. Nes toe hulle nog saam op skool was. Ek kiek hulle met die waterkamera. Ons geniet die swem terdeë. Ek verstom my weereens aan dié twee vriende van ouds wat nou nog so gemaklik met mekaar is. Pure Dawid en Jonathan.
Sullivan maak landltou los |
Alles lyk goed in die enjin, geen olie te sien nie en ons vertrek na Amazon Creek, 10.6 myl. Sullivan is oudergewoonte eers voor op die wa en daarna agter die stuur van sake. Die see is kalm en die wind is weg. Nes ek daarvan hou.
Oggendskoot - Silhoeët |
Die makkers sit en gesels en dis gewoonlik vreeslike intellegente gesprekke. Hulle het mos altwee toentertyd graad een gespring, dis nou as jy drie maande in graad een te slim raak vir die graad en dan gaan jy dadelik na graad twee toe.
Nie lank nie, of Amazon Creek lê voor ons en die anker word in die modder gegooi en hy byt lekker. Sullivan is op sy pos en skink warm en koue drankies.
Warm en koue drankies |
Voëls sing in die bome. Die kleur groen, speel die hoofrol in die pragtige baai, want oral rondom ons is lowergroen bome. Tot een van die meisies wat swem se bikini is groen.
Na
'n heerlike middagete klim ons in Dinkie en die makkers roei ons in die
riviertjie op. Dis maar vlak hier, maar ons geniet die lowergroen
omgewing.
Amazon Creek |
Ons kom by die vakansieoord (glamping oord) en klim uit. En wat 'n verrassing! Dis baie mooi hier. Daar is 'n pragtige restaurant waar die mooiste musiek speel. Oral is permanente karavane en ander blyplek tussen die bome. Die swembad is silwerskoon. Ai, dis regtig mooi hier. Ons sit heerlik by 'n tafeltjie en drink koue drankies. So nou en dan val 'n moerbei op die tafel, dan eet ek dit.
Sullivan en Dinkie |
Ons drink die atmosfeer in en luister of ons die liedjies herken. Archie herken die meeste van die liedjies. 'n Dogtertjie agter ons sing saam. Ek en 'n ander jongman speel drom op die tafel. Ons staan later onwillig op, want ons moet terug huis toe.
By Amazon Restaurant |
Die makkers roei terug en by Maja is dit swemtyd. Archie en Sullivan speel uitgelate in die water. Hul spring en gil en jil. Nes toe hulle nog saam op skool was. Ek kiek hulle met die waterkamera. Ons geniet die swem terdeë. Ek verstom my weereens aan dié twee vriende van ouds wat nou nog so gemaklik met mekaar is. Pure Dawid en Jonathan.
Roei terug |
Roei terug |
No comments:
Post a Comment