1 September 2018. Saterdag.
 |
Çineviz tot Finike | |
|
Ons verlaat die pragtige Çineviz en vaar na Finike, 27.2 myl. Die berge
is oop en vriendelik, skuil nie vandag skaam agter die deinserige
donskombers nie. Die omgewing is waarlik pragtig. Die vissermanne gebruik die heerlike weer om 'n groot vangs te vang. Hulle glim in die oggendlig.
 |
Pragtige kuslyn |
 |
Vissermanne |
"Aanstap
Maja, die pad is lank en swaar..." Dis 'n lang, amper vervelige pad en
ons vaar vorentoe, altyd vorentoe. Yvon kry 'n beurt agter die helm en
toe bestuur Louise die res van die pad. Archie maak haar touwys en sy leer vinnig. Sy geniet dit baie om agter die
stuur van sake te staan.
 |
Agter die stuur |
 |
Louise en Yvon |
 |
Yvon |
 |
Louise word touwys gemaak |
Ons
word beloon net 'n klonp dolfyne wat met ontbyt besig is. Hulle vervies
hulle as ons nader kom en wei dan in 'n ander rigting. Die twee
besoekers is in hulle skik om dolfyne te sien.
 |
Skaam dolfyne |
Later sien ons baie vliegvisse. Die visse kan darem baie vinnig oor die water vlieg en duik dan met 'n plons in die water in. Hulle is amper dieselfde kleur as die water. Dis nogal moeilik vir die gaste om hulle vir die eerte raak te sien.
Na
'n laaste vervelige stuk oor 'n groot baai, lê die marina voor ons en
ek roep hulle op kanaal 73. Die swartwater word uitgepomp en toe word
ons na rusplek vir die nag begelei. Die marina manne is baie bekwaam en
ons is sommer gou-gou vas.
 |
Finike Marina |
Archie,
Yvon en Louise stap in die hitte van die dag Migros toe vir voorrade en ek gaan was wasgoed.
Mensig, maar dis warm hier in die wêreld. Ons sit blinkgesig op die
boot. Dit koel verdomp nie af nie.
Ons eet heerlike koue salm met slaai. Net die regte kos vir so 'n warm aand.
I see you are repeating your trip that you did at the beginning of last year's trip - it must be so nice to be able to go back to the places you have enjoyed so much in the past. How time flies - already into September - where are you finishing this year's trip?
ReplyDeleteHappy sailing!
Well spotted - it is the same as last year's trip. There are unfortunately a limited number of places to stop on this section of the Turkish coast so we visit them every time we come this way.
ReplyDeleteWe will take Maja out of the water on 17 September in Marmaris.
Then we head off to Georgia for a 3 week land tour. It sound like an interesting country. If there is internet there we will keep the blog going.
Regards