![]() |
Tris Klises Baai tot Kalotaritissa Baai |
Vandag is die dag. Ons het hierdie kruising na Amorgos saam met Gerrie en Ansu in 2014 gedoen en dit was rof. Vandag gaan ons na 'n ander baai, Kalotaritissa, 20 myl. Ons hoop op die beste.
Sommer
gou span ons die genoa. Die wind kom van die kant, en ons seil. Die see
is groot, met deinings wat ons behoorlik rondskommel. Dis lewensbaadjie
dag en ons sit so ewe in helder oranje getooi op Maja.
Ek
moet sê, hoe later hoe kwater. Gus waai later al meer van voor en met
'n klein genoa durf die kaptein die deinings aan. Vorentoe, altyd
vorentoe. Ek gaan toe maar aan die sing en die kalmte daal oor my neer.
Dis nog steeds nie lekker nie, maar ons seil vir twee ure en die ander tyd
motorseil ons.
Die
see is baie groot en verlaag ons spoed. Gaan hierdie Amorgos dan nooit
naderkom nie? Maar ons seil en deining vir deining vorder ons. So paar
keer het 'n hele stroom water my van kop tot tone natgespat. Dan waai
Gus my maar weer droog.
Uiteindelik
kom ons by die kanaal en met genade kom ons deur al die vlak plekke en
om die hoek lê ons baai. Die water is kalm en ons gooi anker. Dit gaan
nie noodwendig 'n heerlike kalm tyd hier op anker wees nie. Maar is ten
minste baie rustiger en veilig. En ons is baie dankbaar.
Kalotaritissa Baai |
Visssersbote |
Archie besig met ankerlig beheersisteem |
Sullivan se slaaibak |
En ek verjaar vandag. Nie presies die tipe dag wat ek ingedagte gehad het nie, maar nou ja.
Sonsondergang |
No comments:
Post a Comment