22 Julie 2018. Sondag.
 |
Potamus Baai tot Alimia Baai |
Ons het vandag net 'n hanetree om te gaan na Alimia
Eiland, 8 myl. Ons is weer terug deur die vlak water en vaar verby
Khalki. Dit is datem 'n mooi ou dorpie.
Die
see is maar rof, maar Gus waai nie erg nie. Ons vaar by die suidbaai
in, maar gooi nie daar anker nie, want dis diep. Nou is die noordbaai
ons voorland. Gus waai nou sterk. Hier is sand en seegras, maar Maja
word so heen en weer in die wind geslinger, dat ek die eerste drie keer
net seegras raakgooi. Byt is verniet. Die vierde keer gooi ons daai
anker sekuur en vas is ons.
Ons
gaan stap op die land. Maar sowat van rommel op 'n strand, het ek
lanklaas gesien. Die hele Aegean See se rommel spoel hier uit!
 |
Rommel |
In
die ou dae was hier 'n hele nedersetting met kasteel en al. Hier is ook
'n ou klooster, nie baie groot nie en 'n kerk. Nou se dae loop hier net
bokke rond.
 |
Kerk1 |
 |
Kerk 2 |
 |
Kerk 2 |
Ons eet vir die derde aand in 'n ry heerlike hoenderkerrie wat die kaptein gekook het. Ja nee, 'n man van vele talente.
No comments:
Post a Comment