10 Augustus 2017. Donderdag.
![]() |
Ermioni tot Metokhi Baai |
Die oggend waai Gus vreeslik by Ermioni. Dit loei en ruk en pluk en die jagte dans volgens sy pype en die poppe dans behoorlik. Ons vertrek na Metokhi Baai, 9.9 myl. Die baai is oop vir die suidewind, maar gelukkig is dit die noordewind wat tans waai. Ons seil net vir 40 minute, want Gus gee geen samewerking nie. En dis nie vêr soontoe nie.
Kerkie naby Metokhi Baai |
Daar staan reeds twee jagte op anker en ons gooi
in 6m. “Vasvat, so byt ons anker…” Dis ’n doodgewone baai, met ’n swemstrand
waar sonbaaiers hul lywe verbrons en natmaak.
Dit word aand en Maja rol effens rond, want al die
motorbote en veerbote se deining rol stadig maar seker na ons toe. Maar ek en
die kaptein slaap soos babas.
Môre moet ons voor die son opstaan, want ons het
’n lang pad om te gaan.
Uitsig vanaf Metokhi Baai |
No comments:
Post a Comment