27 Junie 2017. Dinsdag.
![]() |
Planitis Baai tot Kyra Panagia Baai |
Anker op en weg is ons, soos gewoonlik. Altyd op
pad. Ons vaar al langs die mooiste klippe en kranse en rotse en grotte. Dis
regtig ongerepte natuur in die omgewing.
"Waar die kranse antwoord gee …" |
Ons vaar verby ’n klooster, hoog op teen die berg.
Nie baie mooi nie, maar dis ’n regte egte werkende klooster. Selfvoorsienend.
Daar groei olyfbome, plant groente en het hulle eie sonpanele. Ek staan altyd
verstom as ek na kloosters kyk. Soveel toegewyde edel harde hande-arbeid.
Klooster |
Ons vaar om die hoek en nader ons baai. Ons is
omtrent eerste daar en kry die beste ankerplek. Dis pragtig in die baai en die
water lok mens na binne. Dis nou verseker somer in Griekeland. Ons swem gedurig
om af te koel. Die lou water is ’n lafenis is die snikheet sonwarm dag.
Later kom anker nog ’n klomp seiljagte hier. Ek
het nie geweet die baai het plek vir so baie bote nie.
Kyra Panagia Baai |
Ons geniet dit hier in die pragtige baai.
No comments:
Post a Comment