16 Mei 2017. Dinsdag.
![]() |
Wall Bay tot Kızılkuyruk Köyü |
Ons bevry Maja baie maklik van die land, want dit
is windstil. En daar trek ons na Kızılkuyruk Köyü, 16.5 myl. Dis ’n baai aan
die buitekant van Skopea Limanı. Hier is dit al weer sukke tyd, anker met ’n lang
landlyn.
Sonsopkoms |
Dis net ons in die baai, dis windstil en ons kry alles gereed vir die aksie. Ek is nie meer so bang vir “line ashore” nie. Is nou al gewoond daaraan. Archie tru, ek gooi anker, vat die helm oor en die kaptein duik land toe met sy toue en kettings. Hy besnuffel al die klippe en kry ’n stewige een en maak die tou vas en swem terug om die ander tou te kom haal. En siedaar – veilig vas!
Veliig vas |
Dis ’n mooi baai en Maja lê rustig in die baai. Later kom ’n ander jag en hou haar geselskap. Hulle gesels seker oor waar hulle al orals heen gevaar en geseil het. En vertel dan, tipies vrou, vir mekaar geheimpies oor die bemanning!
Kızılkuyruk Köyü |
Helder water |
Dis ’n rustige middag van lees en net wees. Later die aand begin Gus te waai, hou my bietjie wakker en ek en hy gaan lê al twee ’n bietjie later.
LOOKS LIKE YOU'RE HAVING FUN IN THESE UNPRONOUNCABLE PLACES! ALL THE SWIMMING MUST BE HARD WORK THOUGH. BUT I'M SURE SATISFYING WHEN DONE AND IT'S TIME TO OPEN THE FIRST BEER!
ReplyDeleteHear! Hear!
DeleteThe funny ı without the dot is pronounced like the u in circus
ö is pronounced as the er in sitter
ü is pronounced as ew as in pew
Hope this helps with the pronunciation
WAt n onuitspreeklike pragtige baai! Eks bly dat Gus nie so waai soos laasjaar nie. Geniet dit! xxxElize
ReplyDeleteJa, dit is 'n pragtige baai.
ReplyDeleteVir uitspraak sien kommentaar aan Paddy Faller hierbo.