25 Augustus 2016. Woensdag.
![]() |
Ekinçik tot Baba Adası |
Dis een van daai dae. Van net anker optrek en vaar. Na ’n plek waar ons al twee keer vantevore was. Dis die probleem van Turkye, daar is nie soveel nuwe plekke nie.
Ons gaan na Baba Adasi, 36°41.781 N,
28°41.859 O, 12.5 myl. Die optimistiese kaptein probeer een keer seil span,
maar ou Gus verdwyn en ons trek maar weer die seile in. En ons vaar verder.
Die ankerplek is
agter ’n eiland en ek gooi anker en Archie tru. Die anker byt en toe Archie
later die snorkel vat om na die anker te gaan kyk, sien hy ek het die anker
amper bo-op Skillie gegooi. Hy sit so ewe langs die anker en vreet. Hy wonder
seker wie is die effe blink sexy skilpad wat hier langs hom sit. Skillie het
daar en dan verlief geraak op ons anker.
Baba Adası |
Baba Adası ankerplek |
Antieke vuurtoring |
Die see wemel van mense wat watersport beoefen. Daar is klein seil dinghies, bote wat valskerms trek, mense wat met vlieërs vlieg en bote wat wurms trek. En so tussen die geroesemoes van mense swem Skillie en sy vrinne rond. Jy sien net so nou en dan steek hulle die kop bo die water uit. Te dierbaar. As hulle sien iets pyl op hulle af, verdwyn hulle net onder die water.
Skuinslê |
Seewurm |
Ag en die hele tyd wieg ons in Maja, want die see rol met ligte deinings in. Wieg en wieg en wieg.
No comments:
Post a Comment