23 Julie 2016. Saterdag.
Vandag kom Elize en Fanie. Ek en Archie stap 10:00 na die hawe, want ons verwag hulle 10:30. Ons wag en wag en wag. Hulle kom toe wraggies eers 11:20 hier aan. Elize sukkel-sukkel met haar rugsak op wiele by die plank af. En af is sy.
Vandag kom Elize en Fanie. Ek en Archie stap 10:00 na die hawe, want ons verwag hulle 10:30. Ons wag en wag en wag. Hulle kom toe wraggies eers 11:20 hier aan. Elize sukkel-sukkel met haar rugsak op wiele by die plank af. En af is sy.
Hulle is laaste in die ry en ons groet sommer deur die tralies. Ons is so bly om hulle heelhuids te sien. Hulle gaan deur die doeane en ons sê vir hulle dat ons op ’n Kalymnos toer wil gaan. Hulle sê dis reg en laai hulle bagasie in die toerbussie en daar trek ons.
Agter tralies |
Hallo daar! |
Ons sien mooi uitsigte van die baaie naby Panormos. Ons ry verder en stop vir 20 minute by Masouri. Die plek is ’n toeriste paradys en is bekend vir sy pragtige strande.
Telendos Eiland vanaf Panormos |
Elize en haar vriendin in Masouri |
Die hoogtepunt vir my is die St Savvas klooster. Dit pryk hoog teen die berg met sy rooi dakke. Ek stap in die groot kerk rond en daar is indrukwekkende muurskilderye en altaar. Daar is eintlik ’n klomp plekkies van aanbidding en almal is vir my mooi. Ek is mos ’n kerkmens!
St Savvas klooster |
Altaar |
Hier van bo af kan ons vir Pothia baie mooi sien. Daar êrens onder by die kaai lê Maja vir ons en wag. Ons drink die uitsig in en verlustig ons in die mooi. Die gaste geniet die toer so deur hulle moegheid. Toe ry ons terug en die toer is klaar.
Pothia |
Ek, Elize, Archie en Fanie |
Ons vat die pad na Maja. Elize was nou al twee keer op Maja, maar Fanie net een keer. Al langs die kaai loop ons en daar is Maja. Skoongeskrop en gereed vir die nuwe gaste.
Maja se passarelle (plank) is maar smal en Elize stap versigtig oor en glimlag verlig toe sy veilig op Maja is sonder om in te val. Fanie vat die rugsakke gemaklik en baie gebalanseerd oor die plank en hulle is tuis, in Griekeland, op onse ou Maja.
Veilig aan boord |
Pakesel |
Daar word op groot skaal uitgepak en gebêre, want elke ding (en daar is baaaie dinge) moet ’n plek kry.
Ons geniet ’n ligte middagete en
later gaan stap ons in die dorp. Elize gaan dadelik aan die koop en hier word
ietsie gekoop en daar word nog ietsie gekoop. Ek koop niks.
Na aandete kuier ons nog so ’n ryk,
maar die moeg oorval hulle en die kajuit roep.
Baie welkom julle!
No comments:
Post a Comment