3 Junie 2016. Vrydag.
Ons slaap lekker laat en het nêrens om heen te vaar nie. Ons
bly vandag by Limni. Dit het lanklaas gebeur. Ons is mos seilende sigeuners,
moet elke dag fort.
Vandag is dit die op op op pad na die kerkie daar bo. Dit
staan so alleen daar teen die berg. Gewapen met stapskoene en stok is ek
gereed. Ons stap aan die ander kant van die hawe en Maja lyk te pragtig daar
teen die kaai met die gate.
 |
Die kerkie daar bo |
 |
Maja teen die kaai met gate |
Ons kry ’n pad na bo
en stap heerlik. Sommer gou-gou is ons daar. Die blou deur steek pragtig af
teen die wit van die kerk. Dit is bietjie verwaarloos. Ek dink nie kerkgangers
kom meer hierheen nie.
 |
Pad na bo |
 |
Wit kerkie |
 |
Blou deur |
Die uitsigte van bo af is baie mooi. Die hawe is pragtig en benoud-klein
en Maja is veilig aan die kaai vasgemaak.
 |
Uitsig oor Limni |
Ons stap verder op en kom by ’n skool uit. Archie kyk gou of
daar ’n afpad is en sowaar, daar is ’n bospad wat die kinders gebruik om skool
toe te loop. Ons loop af terug na die dorp, terug huis toe. Op pad koop Archie ’n
oortreksel vir Dinkie se motor. Dis hoog tyd, want die oue grens aan skande.
 |
Nee, sies man! |
 |
Dis beter |
Archie bederf ons met pannekoek. Ons is honger na die stap
en ek verslind sommer vier. Archie eet nog meer.
Later die middag loop ons weer in die dorp rond. Ek is mos ’n
kerkmens en ons stap na nog ’n kerk toe. Die meeste kerke in Griekeland is
altyd gesluit. Ons loop deur die huise en straatjies en geniet Limni terdeë.
 |
By die kerk |
 |
Restaurant onder reuse ou plataanboon |
No comments:
Post a Comment