13 Mei 2016. Vrydag.
Ons staan op met ’n lied in die hart.
Poros is pragtig, sonnig en fleurig. Net die regte weer vir stap. Ek kry al my
hulpmiddels vir die stap reg en weg is ons.
 |
Reg vir stap |
Daar is
blykbaar ook ’n mark en ons stap eers soontoe. Geen mark en ons kies koers na
die koppie. Tussen huisies en stegies en die pad loop dood. Ons klim toe so
klipperige koppie uit waar daar geen pad is nie. Ek kla natuurlik vreeslik,
maar die geduldige Archie verleen hulp en bo is ons. Dis toe nog net die klim
deur die doringdraad en ons is by die kerk. Poros lê onder in die baai.
 |
Uitsig oor Poros |
 |
Bo-op die koppie |
Ons stap
verder, op dieselfde roete as wat ons verlede jaar saam met Chris en Zane gestap
het en ek verlang skielik vreeslik na hulle. Ons sien twee skilpaaie wat gulsig
vreet, seker honger na die lang winterslaap. Poros van bo gesien, is
prentjiemooi.
 |
Kerk hek |
 |
Terugtog |
 |
Prentjiemooi Poros |
Later gaan koop ons poskaarte en toe
ons terugkom, lyk iets aan Maja se posisie vreemd. Sy staan so skeef-skeef en
ons Franse buurman staan nog skewer. Ons sou toe hoor dat die Fransman se buurman
sy anker losgeruk en opgetrek het en toe weer windskeef terug in die see gegooi
het en boon-op oor ons anker. Toe hy sy anker weer intrek, haak ay anker aan
iets vas. Sy boot druk vir Maja se agterkant teen die kaai. Ons sit nog ’n fender
agter, dat sy nie haar agterstewe beskadig nie. Hy bel toe ’n duiker om te kom
kyk wat aangaan.
 |
Konsternasie |
 |
Bekommerde bure |
Die duiker daag op, trek so sommer
in die straat aan en klim in die water. Hy maak die bure se anker los, sit dit
oor ons anker en sê tot ons verligting dat ons anker nog klopdisselboom is. Die
Franse se anker het aan ’n tamaai groot sementblok vasgehaak. Hy sou dit nooit
self losgekry het nie. Die Franse is toe sommer gatvol en vaar weg. Hulle gaan
ander heenkome soek.
 |
Die duiker |
 |
Bure se anker word oor ons s'n oorgesit |
Never a dull moment en seil is nie
vir sussies nie!
No comments:
Post a Comment