19 Mei 2016. Donderdag.
 |
Koiladia tot Drepanou Baai |
Ons trek anker op en die baai is ’n spieël.
Koiladia weerkaats in die water. Geen teken van Gus nie, so Maja vaar rustig
ritmies voort na Drepanou Baai, 37°32.137 N, 22°55.247 O, 13.0 myl.
 |
Die baai is 'n spieël |
 |
Oggendskoot |
Al weer anker. Daar is baie
permanente vasmeerboeie in die baai en ons moet seker maak ons gooi ons anker vêr
genoeg van hulle af. Jy wil nie hê jou anker moet aan ’n sementblok of dik
ketting vashaak nie. Die anker byt en ons het huisvesting vir die aand.
 |
Ligtoring en kerkie by baai ingang |
 |
Ruïne van Venesiese fort |
Dis sommer net ’n klein, vriendelike
dorpie. Aan die een kant is die baai en aan die ander kant is die lagoon. Soos
gewoonlik verken ons die plekkie en gaan stap ook langs die lagoon. Ons sien
seebone wat langs die lagoon groei en pluk dadelik daarvan vir vanaand se
slaai.
 |
Drepanou Baai |
 |
Maja en ek |
 |
Archie en seemonsters |
Jy blansjeer dit net in kookwater en
koel dit in koue water af, en gooi dit in jou slaai. Dit is baie souterig, so
wees versigtig met daai soutpot. Ons eet sommer pasta met geblikte calamari met die lekker bak slaai.
 |
Pluk seebone |
 |
Seebone-slaai |
Dis rustig en vreedsaam in die baai.
Daar is vog om die maan.
Halo julle! Sjoe d slaai lyk lekker! Kring om d maan beteken reen. Wat n genade dat iemand gesien het Dinkie dryf weg en hom teruggebring het. Archie moet haar maar met n ander tipe knoop vasknoop. Dorpies lyk lekker rustig. Lekker seil xxxE
ReplyDelete