23 Augustus 2015. Sondag.
 |
Roete tot op datum |
 |
O. Bistiou tot Aigina |
Na ’n baie lang, winderige nag,
breek ons gaste se laaste dag op die water in Maja aan. Chris swem land toe om
die toue los te maak, ek trek die anker op en ons vertek op ons laaste skof na
Aigina, 37°44.693 N, 23°25.701 O, 13 myl.
 |
Vroeg wakker |
 |
Speedo Gonzales |
Chris is baie opgewonde, want die
seile word gespan en ons seil en later motorseil na ons bestemming. So kom
alles tot ’n einde. Die laaste skof word met ’n tikkie hartseer afgelê. Voor
ons lê Aigina Eiland met die dorp, Aigina in die vlak water. Mens moet maar
versigtig hier vaar, want hier is allerande vlak plekke, riwwe en mensgemaakte
riwwe.
Ons vaar die hawe binne en hoop
daar is plek. Aigina is ’n baie besige hawe, want dit is naby Athene. Ons kry dieselfde
plek waar ons verlede jaar vasgemeer het. Ons weet uit ondervinding dat daar
sementblokke en kettings is waaraan jy kan vashaak en gooi so anker dat ons dit
nie weer tref nie (hopelik). Ek gooi, Chris is gereed vir afspring op die kaai
en Zane is gereed om te keer as dit nodig sou wees. Daar is helpende hande op
die kaai en die vasmeer verloop seepglad.
 |
Veilig vas |
Ons gaan later dorp toe en kyk na
die kerkie en geniet sommer net die rondloop in die dorp.
 |
Gaan dorp toe |
 |
Kerkie op die kaai |
 |
Binnekant |
 |
Archie en ek |
Die laaste sundowners word vir
oulaas op Maja se dek gedrink en ons klink glasies met die wete in ons harte
dat dit nou verby is. Voor ons weet is die tyd saam met Chris en Zane net ’n
aangename herinnering waarvan ons later in ons boek sal lees.
Die laaste aandete, die laaste
..., die laaste...
No comments:
Post a Comment