2 Junie 2015, Dinsdag
 |
Çiftlik tot Yat Marin |
 |
Roete tot op datum - Kuşadasi tot Yat Marin |
Vandag gaan ons na Marmaris! Dis
waar ons vir Leon en Dirk gaan ontmoet vir twee weke se seil saam met ons. Dis ’n
grou dag. Die son verseg om op te kom. Daar is ’n mistigheid in die verte. Ek
is moeg, want ek het sleg geslaap. Die wind het die nag gewaai en gewaai.
 |
Oggendskoot - Op pad na Marmaris |
Ons vaar en daar is die baai van
Marmaris. Ons gaan na Yacht Marin vir drie nagte. Vandag is dit net skoonmaak
en regmaak. Archie moet ook nuwe huisbatterye gaan koop. Ons koop ook ’n stofsuier
om Maja te ontstof. Ek was wasgoed, ons suig al wat ’n lapding is, die matrasse
en kussings, die gleufies in die vloere. Die stofsuier lyk en klink soos ’n masjiengeweer.
Alles moet reg wees vir die manne wat môre kom.
 |
Marmaris Dorp |
No comments:
Post a Comment