Thursday, June 4, 2015

Hier is hulle.



3 Junie 2015, Woensdag.

Vandag is die dag. Leon en Dirk kom vandag, 13:30 met ’n bus van Pamukkale. Ek en Archie is gelukkig vroeg by die otogar (busstasie), want die bus is ’n halfuur te vroeg. Was dit lekker om hulle te sien!

Dirk, ek en Leon


Na twee dolmusritte is die manne weer voor Maja se deur. Dis net breë glimlagte van genot en blydskap om hier te wees.

Voor Maja se deur


Hulle koms word gevier deur raki as ’n welkomdrankie en ons eet ligte laat middagete op die dek. Hulle kan nie uitgepraat raak oor alles wat hulle in hul vyf dae se toer in die mooi Turkye gesien en beleef het nie. Ons gesels en lag en daar is skielik oorvloed van lewe op Maja. Dis lekker!

Welkom drankie
Laat middagete

3 comments:

  1. hallo daar ! hoop die boodskappie kom by die plaas mense uit .Lekker verjaar dirk , hoop die dag is vol sonskyn en goeie wind .Julle moet mooi skilder fotos neem ok .Geniet dit .Bertie

    ReplyDelete
  2. ok ek probeer maar vir n laaste keer .Baie geluk met jou verjaarsdag Dirk .Hoop julle het n mooi dag .Dis nou al my 3rde probeerslag .As dit boodskap 3 keer op kom onthou maar ek hakkel soms .Bertie

    ReplyDelete
  3. Baie dankie Bertie vir die wense.Ons kuier verskriklik lekker.Se baie groete vir Bekki en Rina.

    ReplyDelete